Verified Reviews
Lady Grey
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lady Grey
Rated 4.1 out of 5 based on 109 reviews.
"Die berge is absoluut asemrowend. As jy soek na rustigheid,vars lug en natuur, dan is dit die plekkie vir jou."
"The townspeople where super friendly. What an amazing little town. Made us feel like we were one of them."
"We only had one night there in a torrential rain storm. But it seems a very pretty town with lots of historical interest."
"Historiese besienswaardighede. Moontlikhede vir 4x4- en veldfiets-entoesiaste."
"Dis een van daai plekke wat die Engelse noem a hidden gem. Sal dit aanbeveel, gaan ry die gravel passes, swem in die dorpsdam en gaan stap na die kransaasvoëls toe. Jy sal nie spyt wees nie."
"Impressive mountains. Did not drive through the town as our accommodation was short of the town."
"Ons het op 'n Sondag deurgery, so daar was geen plekke laatmiddag oop om iets te ete te kry nie. Baie min om te sien in Lady Grey."
"Die dorpie het die potensiaal om die Oos Kaap se Clarens te word. Baie geboue is egter verwaarloos en daar is nie netjiese skoon winkels om by inkopies te doen nie. Die natuur is prentjie mooi."
"Van die min tyd wat ons in die dorp self spandeer het kon ons sien dat dorp baie netjies en skoon is."
"Daar is heelwat om te ervaar in en om Lady Grey, soos die Joubertspas, die Lammergeier-reservaat en die Oranje-/Vistonnel-uitlaat in die omgewing."
"Natuurskoon en die mooiste natuurtonele. Ons het Joubertspas gery en dit is asemrowend mooi gewees. Lady Grey is ook 'n mooi dorpie en die kerk in Kerkstraat is die mooiste handewerk."
"Baie mooi geleë dorpie. Pad in is spesiaal met antieke bome wat 'n baie mooi laning maak. Die winkel Food Zone het vars en mooi groente en vrugte. Die pad oor Jacobs pas is pragtig."
"Ons het 4x4 roetes in die omgewing kom ry. Ek kan dit vir enige iemand aanbeveel."