Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1255 reviews.
"Soveel meer om te sien en doen as wat mens besef! Ek sal beslis weer terugkeer en volgende keer vir 'n paar dae vertoef."
"Lieflike plek, so rustig, ons het lekker geëet daar by Isabellas en die Spar en Drankwinkel is almal maklik bereikbaar! Sal dit beslis aanbeveel."
"My liefde vir die plek sal nooit dood nie, die oudheid van die plek laat my dink aan 'n tyd toe ek sorgvry en sorgeloos was."
"Breakfast at Isabella's in the harbour was great and Bird Island was a pleasant surprise."
"Dis 'n baie still plek. Daar is nie baie om te doen nie behalwe as jy 'n branderplankryer is. Maar ek dink dit sal 'n lekker plek wees as jy met 'n groep vriende gaan om jouself besig te hou. Die strande is pragtig maar dit is vuil. Baie gebreekte glas gesien in die sand, papiere, chips pakke ens. Dis 'n mooi plek, net nie vir almal nie."
"Tipiese vissersdorp, dis skoon en lyk goed versorg. Dis 'n besoek werd. Ek was al drie keer daar, hoofsaaklik om die voëleiland te besoek. 'n Besoek, veral voor sononder met al die kleurvariasies wat daarmee saamgaan, is 'n fees vir 'n fotograaf."
"Dorp is mooi, veral die see. Lekker eetplekkies en akkommodasie, vriendelike mense."
"Baie lekker Weskusatmosfeer met vriendelike mense. Lekker eetplekke en als wat jy nodig het naby aan mekaar."
"Die verblyf waar ons gebly het was baie oulik, geen klagtes daaroor. Wat Lambertsbaai betref, ons het nie van die hoeveelheid bedelaars in die dorpie gehou nie. Daar het ook 'n paar verby die verblyf geloop wat uit die aard gebedel het. Dit is onaangenaam, omdat hul ook maklik in die verblyf kan inkyk. Dit is dus 'n steurnis aan jou rus en vrede. Ons het ook nie baie veilig in die dorpie gevoel wanneer ons daar rondgeloop of gery het nie. Ons sal nie weer daarheen gaan vir 'n vakansie nie."
"Lambertsbaai is een van ons gunsteling bestemmings, die eienaars van Bayhouse ongelukkig doen hierdie pragtige dorpie geen gunse nie, net skade."
"It is an awesome place to be and was like a home away from home. I loved every second of Lamberts Bay."