Geverifieerde Resensie
Leeupoort Vakansiedorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 150 resensies.
"Dit is 'n belewenis. Diere so mak eet uit jou hand uit. Bring jou weer nader aan die natuur."
"Leeupoort is a wonderful clean and friendly getaway destination for both young and old. The place is amazing and totally beautiful."
"Yes I would, it is a great place to get away and enjoy nature, however, it would be great if there was a communal pool in the resort itself, this was the only negative point where we had to get in our car and drive a short distance/out of the reserve to go to the pool, plus pay a fee to use the pool. Then the routes for the hiking trails and self drive around the reserve, are not very well marked, this can be improved, as we enjoy our early morning and late afternoon walks in nature and drives."
"Dit is die plek as jy wil ontspan en rus. Die wild is volop en kom kuier tydig en ontydig."
"Sal beslis weer Leeupoort Vakansiedorp besoek. Hulle staan nie een tree terug vir Marlothpark nie."
"It is best to take all the food you need with, as the shop is very sparse and it's quite a drive to either Thabazimbi or Bela Bela if the shop doesn't have what you need. The walking/cycling is excellent. A great place to get away from city life and relax. "
"Die dorpie is ongelooflik en die mense is supervriendelik. Ek het sommer besluit ek wil eendag daar gaan aftree."
"Lekker atmosfeer. Goed om uit te rus en uitstekend vir wild beaming. Permanente inwoners nie altyd die vriendelikste klomp nie maar nie te min het ons heel lekker gekuier en gerus. Braai, wild en son. Beste resep."
"Ons het verdwaal in die nag omrede ons nie die strate kon sien nie. Sal ook aanbeveel dat die sleutel afgehaal word op 'n sentrale punt naby die hek."
"Baie veilige area. Vandat mens by die sekuriteitshek aankom, kry jy net met vriendelike en behulpsame mense te doen."
"Dit is 'n ongelooflike ervaring met die diere wat vrylik in die dorp rondbeweeg. Baie veilig vir stappers en heerlik om te kon rondstap. Sommige van die erwe en huise lyk baie sleg wat bietjie afbreek doen aan die algehele gevoel van die dorp. Wonderlike vriendelike omgewing met mense wat mekaar nog groet in die verbygaan. Het heerlik in die restaurant gekuier en die diens en gasvryheid is puik. Sal beslis weer gaan."