Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Glo hulle Bosveldfees is 'n groot gebeurtenis en beslis 'n fees om by te woon. Pragtige natuurlewe."
"Baie lekker plekke en restaurante om te gaan besoek in die omgewing. Zwakala Brewery is uitstekend. Pot 'n Plow is 'n baie gesellige plekkie. Mountain Cafe is uitstekend!"
"Bokkieweek was 'n fees, die omgewing pragtig met die massiewe doringbome en die bosveld-atmosfeer is die perfekte kombinasie vir enige reisiger. Die toegang tot wildsplase en warmwaterbronne maak dit die lekkerste plek om 'n week weg te breek en van alles te vergeet."
"Pragtige deel van die land. Het lekker gekuier by 'n plaaslike restaurant."
"Die woonbuurte is baie mooi netjies en goed versorg. Dit wil voorkom asof die inwoners moeite met die voorkoms van hul dorp maak."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Vir Altyd"Aan te beveel vir enige iemand wat na aan die natuur wil wees Dankie."
"Vakansiedorp met baie om te doen in die omgewing en nie te ver van Gauteng nie."
"Klein slaghuisie, Dop en Tjop het heerlike vleis. Die lekkerste kaasworsies wat ek nog geëet het. "
"Plattelandse dorpie soos baie ander in die land, maar mooi geleë in die bosveld met talle verblyfopsies in en rondom die plek vir besoekers. Die dorp bied meeste geriewe wat mense nodig het, maar is bietjie deurmekaar uitgelê en kan skoner wees, laasgenoemde soos ook baie ander in ons land."
"Klimaat en ligging heel gunstig vir besoekers vanaf die Oos-Rand."
"Maak 'n draai by 'n winkeltjie, die Koffiekan. Hulle verkoop die grootste koppies koffie wat enige iemand al in hulle lewens gesien het."
"Die dorp self is maar redelik verwaarloos. Ons het nog nooit by die wildplase in die omgewing oorgebly nie. Miskien sal mens weer daarheen wou gaan. Ons bly altyd in Bela-Bela oor, op pad na familie in Johannesburg vanaf Tzaneen."
"Warmbad aventura was 'n teleurstelling. Ons moes volprys betaal, maar niks was oop nie. "
"Ons was daar vir die fietsrybyeenkoms en die terrein is wonderlik, die byeenkomste was fantasties uiteengesit en ons het heerlik by die winkelsentrum inkopies gedoen en geëet by Mikes Kitchen en Wimpy."