Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Gerieflik vir 'n naweekwegbreek, maar beslis nie 'n bestemming vir 'n langer tydperk nie."
"Ons het Pepe's Restaurant tydens ons verblyf besoek. Die diens en kos was uitstekend!"
"Very good for an outing. Safe, everything is nearby and the people are friendly and helpful."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Cottage 826"Ons is gereelde besoekers by Leeupoort, net elke keer in 'n ander huis."
"Sal altyd lief bly vir Bela-Bela en die omgewing. Ons kuier ten minste 4 na 5 keer per jaar daar in dié omgewing. Baie lekker."
"Die dorp self is nie enige sout werd nie. Die winkels is vuil en die inwoners meer ongeskik as die Gautengers. Ons is al menigte kere in die omgewing vir vakansies en die akkommodasie, hul bestuur en personeel is onbekryflik behulpsaam en vriendelik. Die natuurskoon is ook wonderbaarlik. Die eetplekke probeer darem opmaak vir die gemors in die dorp self. Dit is jammer die teeplantasie is nou tot niet en die nougat-vervaardigers is nie meer daar nie. Ek beveel net aan dat niemand die Fruit & Veg City besoek nie. Die winkel is 'n gesondheidsrisiko en vrot vleis is die voorland. Ek sal weer in die omgewing gaan kuier, maar als self saamry en niks daar koop nie."
"Ons het die kinders eendag na die Warmbad Forever Resort geneem en hul het dit baie geniet. Ons het vroeg gegaan om 'n plek in die skaduwee te kry, en dit was goed beheer sodat die plek nie oorvol was nie."
"I think the people could do a much better job in marketing their area. I sincerely think this town and region has much to offer visitors. "
"Omgewing baie mooi en mense oral baie vriendelik. Forever Resort is 'n puik plek vir gesinsvakansies. Sal beslis weer die omgewing besoek."
"Ons was verlede jaar met Paasnaweek daar en nou weer oor Desember, en ek moet sê, die plek is besig om agteruit te gaan."
"Padaanwysings in die omgewing is nie altyd korrek nie en mense kan lelik verdwaal. Die plekke wat as toeristebestemmings aangegee word se personeel benodig intense opleiding in die bedryf. Daar is ook 'n Long Tom-kanon hier wat die laaste kanon van vier is wat deur die boere hier vernietig is. Die presiese plek waar dit gebeur het is nog daar, en iemand is besig om daarna te kyk. Daar is ook geen toeriste-aandenkings eie aan die area wat jy kan koop nie. Hulle het 'n bessiefees wat gehou word, maar dit word nêrens bemark nie. Daar is 'n kos- en wynfees in April wat ook nie bemark word nie."
"Magoebaskloof is 'n belewenis/moet-sien bestemming wat dié wat lief is vir die natuur, stap, 'trail-running', MTB. Stap die Swartbos-staproete op 'n bewolkte dag. Gaan pluk bloubessies by Blueberryheights en geniet hul bloubessie-kaaskoek by die Mountain Cafe, dis 'n absolute moet. Jy het nog nie so iets geproe nie! Proe bier by Zwakala Mikro Brouery en gaan hou piekniek by die Debegeni Waterval."