Geverifieerde Resensie
Loeriesfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loeriesfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 54 resensies.
"Sal die Windpomp museum sterk aanbeveel. Baie interessante boere geskiedenis en die aanbieding was puik."
"Loeriesfontein comes across as a good stopover and well functioning town."
"Dis 'n spesiale dorpie. Ek sal graag weer wil kom oorbly en bietjie meer tyd spandeer om die area te verken."
"Was 'n wonderlike ondervinding om die Fred Turner museum te besoek! Elna Brand was ongelooflike gids."
"Ons het ongelukkig op Loeriesfontein aangekom toe als alreeds toe was (Saterdagmiddag). Die dorpie is egter pragtig skoon."
"Dorp is klein en toerisme-besienswaardighede beperk. Uit die aard van omstandighede en ligging is die gebied ver van alles."
"Lekker om die pragtige veldblomme in die mooi tuin te sien. Heerlike dorpie om in te stap."
"Loeriesfontein is geskik vir blommeseisoen. In die dorp self is daar nie veel te sien (waarvan ek weet nie) as die windpomp-museum wat regtig 15 min neem om deur te stap."
"Klein Karoodorp wat nogal baie het om te bied. Die museum, die dorp se argitektuur, die omgewing en die mense se vriendelikheid laat jou net tuis voel."
"Loeriesfontein is pragtig in blommetyd. As die weer egter teen jou draai is daar nie veel vermaak in Loeriesfontein nie."
"Die tuine was asemrowend mooi met al die blommetjies gewees en die hoeveelheid kokerbome in die tuine was pragtig. Loeriesfontein se mense is baie bedagsaam en vriendelik."
"Well worth a visit. It's a bit further than we wanted to travel from Cape Town and chose it because there was pet-friendly accommodation available at the time. But I'm very happy that we stayed there. I especially enjoyed the Museum, with the old artefacts, implements, household goods, clothing and other exhibits showing the early settlers way of life - not forgetting the windmills."
"Loeriesfontein was baie netjies en skoon. Dit was baie rustig en niemand het kom pla nie. Natuurskoon deur die berge op pad na Nieuwoudtville is besonders mooi."
"Pragtige skoon dorpie. Baie bly ons het dit uiteindelik besoek. Ver uit, maar verseker die moeite werd!"