Verified Reviews
Loxton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Loxton
Rated 4.3 out of 5 based on 210 reviews.
"Baie stil en rustige Karoodorpie. Eet die heerlikste aandete by die ewe mooi Karos Lodge."
"Ons was daar en daar was geen ander geriewe tot ons beskikking in die dorp nie, alles was gesluit, maar ek glo COVID het ook groot rol gespeel."
"Ek het 'n anderste liefde vir die "niks" van die Karoo. Loxton het die res van die Karoo se standaarde hoër gestel met hulle skoon dorpie, en ongelooflike vriendelike mensies."
"The neglected Riverine Rabbit Thinking Path (land art) could be used to promote the village, attract visitors and provide employment."
"Dit was die eerste keer dat ons daar was, ongelukkig in die aand daar aangekom, kon dus nie veel van die dorpie sien of beleef nie."
"Baie mooi skoon en rustige dorpie met groot dennebome wat 'n mooi en koel atmosfeer skep. Gaan by die kunsgalery aan! Al koop jy niks nie, sal jy lekker met Alwyn en Annelize kan gesels en sal jy meer te wete kom oor Loxton self."
"If you are looking for peace, tranquility and a place to catch your breath in the Great Karoo, Loxton is the place. The tree lined streets are a beautiful feature of the area."
"Loxton is a very special Karoo town, with beautiful trees and very welcoming people. Peaceful, tranquil and place to catch you breath."
"Dis 'n pragtige dorpie waar die inwoners sommer self inspring en dinge netjies hou. Ons het lekker by die Rooi granaat middagete geniet."
"Baie rustige Karoodorpie, baie netjies, en met leivore wat nog in werkende toestand is. Rooi Granaat en Lekker Loxton is lekker eetplekke."
"'n Oase-dorpie waar 'n mens weer jouself kan vind en besef waaroor die lewe eindelik gaan."
"Loxton is 'n pragtige dorp! Lekker vir loop en verken. Pasop net vir Sondagmiddae - geen petrol, en alles toe."
"Ek is mal oor klein dorpies en wou nog altyd Loxton besoek het. Die dorpie is so mooi skoon en netjies en die rustigheid sal enige moeë reisiger laaf."
"The place to be if you want peace or just a place to stay over on your trip somewhere else."