Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Sou graag meer dinge wou doen maar omdat ons as gesin met 'n 1jaar oue baba daar was, was alles maar beperk. Sal heerlik wees as daar meer dinge te doen is vir mense soos in ons geval. "
"Dis waarlik die Vrystaat se juweel. Dis enige toeris se droombestemming!"
"Clarens is die perfekte naweekwegbreek. Het heerlik gekuier met goeie kos en drinkgoed. Clementines het die beste "pork belly" en heerlike "gin on tap". The Posthouse kry die vriendelikste diens-toekennning, want selfs my klein hondjie was behoorlik op die hande gedra. Ons sal meer gereeld moet kom kuier."
"If you are looking for a relaxing weekend or a place to explore our beautiful countryside then Clarens is the place to visit. Beautiful local shops and many restaurants."
"Dit is verseker 'n toeriste mekka vir almal wat van stilte en buitelewe hou. Daar is verseker ook genoeg vir die wat graag in snuisterye winkels wil ronddrentel. Lekker koffie en kos oral te vind. Dan is Golden Gate net hanetreetjie daarvandaan en toegang tot baie aktiwiteite."
"Dis jammer dat van die aantreklikhede soos die Rosa Restaurant en die Teater nie meer in gebruik is nie. As jy bietjie rus en vrede vir jou siel soek is Rosendal die plek om te wees. Die pad vanaf Senekal na Rosendal is nie baie goed nie."
"Ons kan beslis Die Plaasstoep aanbeveel vir enige etes. Die kos is heerlik!"
"Paaie in die dorp is in 'n haglike toestand. Daar is geen vermaak m.a.w. bars, dansplekke, winkels oop op 'n Sondag nie. Dis heerlik stil daar."
"Oulike dorpie, beter as Ladybrand of Fouriesburg. Die Gin-gir restaurant is 'n moet."
"Ons het ervaar dat die kelners en kelnerinne se kliëntediens swak is en hulle vat lank om by mens uit te kom. Hele paar eetplekke wat sal moet werk daaraan."
"Die dorpie bly 'n toeriste-juweel: pragtige omgewing, interessante toeristebedrywe in die dorp self, sonder om sy plattelandse karakter in te boet."
"Baie rustige en mooi dorpie, presies die tipe plek waar jy wil gaan om bietjie te rus."
"Die inwoners van Fouriesburg is vriendelik en behulpsaam. Die restaurant, plaaskombuis se kos en diens is goed."
"Ek was nie regtig beïndruk met die restaurante waarby ons geëet het nie, die kwaliteit was so-so, maar die pryse gans en al te hoog. Jy is 'n "captive", so jy vat wat jy kry en betaal hoë pryse daarvoor. "
"Vreeslike oulike plekkie, lekker winkeltjies om te shop en ook selfs 'n brouery vir die bier liefhebers."
"Selfs in die droogste seisoen was dit een groot fees. Goeie etes geniet by verskeie restaurante. Groot genoeg, maar ook klein genoeg vir 'n heerlike wegbreek!"