Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Moenie uitstel nie, gaan geniet die mooi omgewing en vriendelike mense. Onthou om 'n draai te maak by Golden Gate Nasionale Park!"
"Die paaie is in 'n haglike toestand! Moet nie met 'n sportmotor aangedurf word nie."
"Mooiste mooi omgewing. Daar is ongelukkig heelwat plekke toe as 'n nadraai van die lockdown. Maar steeds 'n plek waarheen ons weer en weer sal gaan."
"One of the most beautiful little towns in South Africa. It has an infectious vibe and amazing culture. There are so many activities and stunning scenery. Not to mention great locally produced chocolate and ciders!"
"Die dorp het ons beïndruk. Daar is 'n kern gemeenskap wat die vlag in Fouriesburg laat wapper. Dankie. Die sandsteengeboue is regtig iets besonders."
"Die winkels en slaghuis kan doen met met opknapping, veral die slaghuis/bakery by die ingang na die dorp. Dit voel deurmekaar en nie baie higiënies daar binne. Die inwoners kyk mooi na hulle huise en tuine."
"Dit bly 'n heerlike bestemming, selfs onder huidige Covid-regulasies."
"Plattelandse dorpie met unieke uitsig in 'n asemrowende omgewing. Beveel beslis aan!"
"Dit is regtig 'n plek waarna toe jy kan gaan en jouself geniet en net wegkom van alles en almal af. Die restaurante is fantasties en daar is omtrent iets van alles vir almal."
"'n Pragtige plek wat my weer sal sien aangesien dit baie gereën het en ons nie alles kon doen en sien wat ons wou nie. Pragtige deel van ons land."
"Regtig die moeite werd, die plekkie se rustige atmosfeer laat jou ontspan en jy vergeet van alles en almal om jou. Daar is so baie om te sien."
"Fantastiese klein dorpie waar die mense sommer in jou hart inkruip! Gaan definitief weer hier bespreek!"
"We love Clarens but only went through on way to Oudtshoorn and on way back. We had the greatest lunch and breakfast at the Kooperasie Restaurant with an unique menu. The weather was not too hot and we wanted to play golf but had to cancel as the course was wet and we could not use the carts. Will make a weekend out of our next visit and stay and play golf and enjoy the town."
"Dog friendly. Great hikes. Great restaurants. Friendly service. Clean and quaint little town. Next time I will stay longer than a weekend."
"Clarens is ou wêreldse dorpie met 'n groot verskeidenheid van winkels om in te snuffel as die weer dalk nie saam speel om te gaan stap nie. My beskeie raad: Bring 'n goeie voorraad groente/vrugte/kos van die huis of gaan koop jou kruideniersware in Bethlehem."
"Covid het 'n groot invloed en ook watter tyd van die week jy daar besoek. Van die restaurante/winkels was gesluit. Shame water en krag was ook n probleem. Kan sien Clarens is ook nie meer wat dit was nie."
"Dis een van die oulikste dorpies in Suid-Afrika, word hoogs aanbeveel. Prentjiemooi tussen die berge. Interessante winkeltjies en restaurante."