Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Kort net 'n goeie kruiderniersware winkel soos 'n Spar of Woolworths, maar gelukkig is Betlehem nie te ver nie. "
"Dit is sommer net lekker om in 'n eg Suid-Afrikaanse dorpie te kan kuier. Rus en vrede vir jou siel. "
"Awesome plekkie. Kan nie wag vir Julie-maand om Clarens weer te besoek nie. Hopelik lê daar wit kombersies oor die berge. Lieflike natuur reg rondom."
"Fouriesburg was 'n gerieflike basis om vanaf Lesotho te verken en die dorp sal my beslis weer sien. Ons het gaan stap deur die dorp en die inwoners het sonder uitsondering baie vriendelik gegroet."
"Clarens is n pragtige, klein dorpie met wonderlike mense. Laat mens dadelik tuis voel. Soveel om te doen, veral as jy hou van die natuur. "
"Pragtige, ongerepte dorpie met wonderlike natuurskoon en baie besienswaardighede. Baie vriendelike gasvryheid waar jy kom. "
"Regte mense wat omgee! Kan definitief die gholfklub aanbeveel. Lekker kos en Mabel is so goed met die kinders."
"Lieflike, ongerepte dorpie met alles wat jy nodig het om gerieflik en rustig te kuier. Ongerepte natuur en baie plekke te besigtig sommer naby. "
"Sal enige dag weer Clarens toe gaan. Dit was 'n wonderlike vier dae. Die skoonheid van Clarens, die mense sowel as die atmosfeer was ongelooflik. Met die Golden Gate park slegs 20 km buite Clarens is ook die moeite werd. "
"Ons kom gereeld Clarens toe en dis 'n ideale naweekwegbreek van Johannesburg af. "
"We didn't do much, but the town seemed safe and the people super friendly, will definitely try go back."