Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.2 out of 5 based on 1540 reviews.
"Sal net in Uvongo of ander plekke naby Uvongo of verder Port Edwards vakansie hou. Nie op Margate self nie."
"Het op 'n stadium deur rioolwater gery en lug het gestink alhoewel dit die mense in die strate duidelik nie gepla het nie. Margate self het baie agteruit gegaan die laaste 10 jaar."
"Ek sal enige tyd weer in Margate vakansie gaan hou, lekker visvangplekke en eetplekke."
"Margate, Uvongo en ander plekke was fantasties en wonderlik. Ons het 'n fantastiese tyd gehad. Marina Beach by Southbroom was die beste waar ons gekuier het. Geen spyt nie."
"Not sure about Margate, but Ramsgate beach is lovely and all the shops you need are close by."
"Margate was nog altyd 'n lekker vakansiebestemming, maar oor naweke raak dit onuithoudbaar met die geraas en gedrinkery. Jy kan nie meer in die aand gaan stap nie, want dit is onveilig. Met die Mardi Gras is dit 'n nagmerrie om by jou woonstel uit te kom as jy onder teen die see bly. Dankie aan die privaatgroep wat Margate en die omliggende gebiede mooi maak."
"Tidy Town's en die gemeemskap het soveel moeite gedoen die laaste ruk met die areas. Skoon strande, veilig vir oud en jonk en almal is vriendelik. Ek is mal oor die Suidkus, dit word weer wat dit was vroeër jare."
"Margate was nog altyd 'n lekker vakansiebestemming. Dit het nou later jare sy gewildheid verloor oor die toeloop van kriminele bedrywighede."
"It was surprisingly quiet for an Easter weekend, no queues and very clean. Would definitely go back."
"Die dorp self het baie agteruitgegaan. Party geboue is vervalle! Lucien-strand is pragtig, net jammer van die vuil "lagoon" water waadeur jy moet stap."