Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 2726 reviews.
"Ons het eerder in Shelly Beach gebly en dan gery na al di plekke. Naby genoeg. Margate self is te besig en lyk gevaarlik. "
"Een van die beter dorpies langs die suidkus, al die nodige geriewe is stapafstand."
"It's an excellent holiday destination my family and go down the south coast at least twice or thrice a year. Doo Twah was the first unpleasant experience for us."
"Hulle kan gerus meer aktiwiteite hê vir klein kindertjies behalwe net om strand toe te kan gaan, wat gebeur wanneer die wind te erg waai en dit begin reën, dan is daar nie veel te doen nie."
"Dis 'n baie gerieflike omgewing om vakansie te gaan hou met jou familie, as jy verby al die smouse kan glip. "
"Die lekkerste plek om die see en die son te geniet in die hartjie van die winter sonder om gesteur te word deur massas mense."
"Dis nie regtig n swem strand nie, maar ons het in die winter gegaan so die kleintjies het nie van die swembad by kompleks gebruik gemaak nie en die rotse was bietjie gevaarlik."
"I used to visit Margate on a regular in the earlier years (16 years running) and I will now rather move to the North Coast for a holiday. Shops and Margate as a whole have deteriorated dramatically. "
"Was bietjie teleurgesteld in die lewensredders wat niemand dieper as enkeldiepte in die see wou toelaat nie, moes heeldag na hul fluitjies luister."
"Bekommerd oor die agteruitgang van winkels en infrastruktuur. Is hierdie voorheen pragtige, vibrant vakansiedorp besig om 'n stadige dood te sterf? Gelukkig is Shelley ens. naby genoeg."
"Groepe mense wat sit en drink en dans en in die lagoon urineer. As mamma wat met haar kinderd op die strand gaan stap, voel jy onveilig om verby hulle te stap terug huis toe."