Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 2726 reviews.
"Ek was nog altyd 'n baie gelukkige besoeker aan Uvongo, maar was met hierdie besoek teleurgestel dat my spaarwiel van my Fortuner gesteel is in die strand se parkeerarea, met karwagte! Dit het my glad nie gerustelling gegee terwyl ons op die strand was nie. Ook teleurgesteld dat die hoofstrand weereens toe was met ons aankoms as gevolg van rioolbesoedeling. Dis een van die mooiste strande, hoekom word hierdie nie beter beheer nie? Ons was almal laas jaar dodelik siek met 'n maagvirus as gevolg van die besoedelde strandmeer. Dit sit 'n mens af om te bly terugkom."
"Die polisie-teenwoordigheid was fenomenaal. Hulle behoort rêrig 'n klop op die skouer te kry."
"The word from the locals and from other friends is that they will not use Uvongo's beach as loads of people have fallen sick from swimming there. It's sad as we had to go to other beaches."
"The beach itself over the holiday period (after New Year) was quite noisy at night and there was quite a bit of rubbish left on the beach. The beach was cleaned early in the mornings. Life guards were on duty making swimming safer than other holiday beaches we have been to. There is a lot of glass on walkways - these need to be cleaned or water blasted by council. "
"Great for fishing and children to play around in the little pools. The street allows for early and late walks or runs with a fantastic view. "
"DIe strand in Uvongo was gesluit vir 'n paar dae en die strandgebied tussen die see en die strandmeer was met hoogwater geheel en al oorstroom. Ons gaan al vir dekades Uvongo toe en voel dat die strand weer sand moet kry om die baaiers te akkomodeer."
"Baie besig oor Desember, maar dit is seker maar orals besig oor die feestydperk."
"Margate is ongelukkig nie meer wat dit 'n paar jaar terug was nie. Ek sou baie eerder Ramsgate aanbeveel."
"Ons sal definitief volgende keer 'n plekkie tussen Margate en Ramsgate soek. Uvongo se strand was vir 'n paar dae gesluit en ons moes 'n ander swemstrand gaan soek."
"Mal oor Margate. Dis so mooi groen en die mooiste natuur. Ek sal enige tyd na Margate verhuis."
"Die dorpie is besig en goed versorg. Kan die Shelly Beach Centre aanbeveel sowel as die South Coast Mall. Die klein strandjies is skoon."