Verified Reviews
Marina Martinique
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marina Martinique
Rated 4.7 out of 5 based on 117 reviews.
"Die Marina Martinique is pragtig, maar mens moet ver deur 'n informele nedersetting ry om daar uit te kom."
"Oulike plekkie met goeie ligging en veiligheid en komplekse is ten alle tye skoon en netjies. "
"Pragtige plek - net jammer dat die enigste pad daarna loop deur 2 plakkerskampe, wat 'n ontnugtering! Winkels is nogal ver van Clapton (5/6 km) en weer moet jy deur die kampe!"
"Pragtige opgepaste plek, netjies, pragtige plantegroei en wonderlike sekuriteit. "
"Marina Martinique word wonderlik gemaak deur die water wat orals om jou is. Sonder dit sal Marina maar baie vervelig wees."
"Baie netjies. Groen areas is skoon en netjies en die hele kompleks is baie goed onderhou en netjies. Daar woon ook baie permanente inwoners. Baie rustige omgewing. "
"Die pad vanaf die snelweg na Marina Martinique was nie mooi nie. Jy ry deur 'n informele nedersetting voor jy by die pragtige Marina kom. Hoewel pragtig omhein was ek nie baie in my skik oor die pad tussen Jeffreys en die baai. Wens die munisipaliteit kon die pad verfraai. Sou 'n aanwins gewees het."
"Die omgewing is rustig en die veiligheid is gerusstellend. Beslis 'n plek waarheen ons weer sal gaan. "
"Sal lekker wees as daar fietse of kanoes beskikbaar is om te huur vir mense, want ons het gevra en hul gesê daar is nie so iets nie."
"Die omgewing en die kanaal is baie mooi. Permanente inwoners het ons selfs op 'n bootrit geneem op die kanaal en ons kon die mooi huise van 'n ander oog punt kon besigtig."
"Beautiful accommodation, lovely people, wonderful breakfast, stunning setting, would love to come back for a longer stay."
"Idilliese vakansiebestemming, veilig, vriendelik. Lieflike uitkyke op die meer. "
"Dis 'n onverwagse paradys. Ons het 'n nuwe kant van Jeffreys ontdek. Wow, ons asems is weggeslaan!"