Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Die park is mooi skoon en die diens by al die plekkies binne Marloth was van goeie gehalte en almal was vriendelik."
"Restaurant Amazing Kruger River View het ons verwagtinge oortref. 'n Heerlike seekos-bord met goeie diens."
"Lovely restaurant in Marloth called "Amazing Kruger View". Sometimes predictors enter the park so be vigilant when walking."
"Marlothpark is 'n lekker wegbreek in die bos, naby genoeg aan die Krugerwiltuin."
"Die droogte, watertekort en die onveiligheid van die dorp as geheel is 'n bekommernis vir iemand wat 'n besonderse boservaring beplan. Die grondpaadjies word nie instand gehou nie. 'n Gewone motor kan nie meer al langs die Krokodilrivier ry nie."
"Marlothpark is altyd lieflik. Ons het vreeslik baie diere gesien deur net in die park rond te ry."
"This was our first visit to the park, and we will definitely go back in the near future. It's close to both Crocodile Bridge Gate and Malelane Gate to enter the Kruger National Park. Marloth Park has its own shops, restaurants and security to ensure an overall safe stay. We saw a whole elephant family, and waterbuck on the river bank at one of the restaurants: The Amazing Kruger View. The park is clean and well looked after. We also enjoyed the friendly community that welcomes you, and the wildlife forming part of this park makes it even more special. An absolute must for any one who loves wild life and the bush."
"Marlothpark is wonderbaarlik mooi! Soveel diere om te sien en jy hoef nie eers te soek vir hulle nie!"
"Marlothpark gun mens die geleentheid om die bosveld te voet te verken en talle diere te aanskou. Leeus, olifante, buffels en meer kan ook gereeld gesien word vanaf die uitkykpunte. Ons besoek Marlothpark elke jaar en kan beslis sê dat die park ons harte gesteel het! Sou net graag beter toegangsbeheer wou sien van almal wat in en uit die park beweeg maar anders as dit is dit regtig ’n fantastiese bosveld wegbreek vir oud en jonk."
"Marlothpark is 'n goeie toeristebestemming oor die algemeen vir diegene wat graag die Kruger Wildtuin wil besoek maar nie akkomodasie binne in die wildtuin het of kan vind nie. Dit is egter nie my eerste keuse nie. 100% my eie opinie en ander mag dit terdeë geniet om Marlothpark te besoek."
"My persoonlike observasie is dat daar baie mens is wat rondbeweeg, maar kan nie sien dat daar iewers werk gedoen word of ingeboek is nie. Toegangsbeheer op voetgangers moet verbeter."
"Rustige atmosfeer. Winkelsentrum het alles in wat nodig is. Gerieflik naby aan die Krugerwildtuin."
"Marlothpark is altyd vir ons 'n lekker plek om by te gaan rus."