Verified Reviews
Meyerton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Meyerton
Rated 4 out of 5 based on 53 reviews.
"It is a good place to visit, if you want to be away and have a quite time, that's the place to be."
"Ons het slegs op Meyerton oorgeslaap, maar die omgewing het nie voorgekom asof dit 'n toeristebestemming sal wees nie."
"Soos enige kleindorpie is daar maar tekens van verval met slaggate. Die rivier is 'n groot bonus en dis baie rustig langs die rivier."
"Soos enige ander plekke op die platteland gaan Meyerton ook maar agteruit, maar darem nie so sleg soos ander plekke nie."
"Henly-on-Klip was 'n verrassing om deur te ry, sal graag meer wil explore."
"Ek sal nou nie Meyerton kies om vrywillig heen te reis nie, maar dit was perfek vir die marathon."
"Ek het die Midvaal maraton gehardloop en dit het in die donker begin & was verbaas om te dat ek die hoeveelheid straatligte wat buite werking was op my een hand kon tel. Dit is buitengewoon vir Gauteng."
"Meyerton is 'n pragtige plek wat baie sentraal geleë is. My familie bly in Meyerton."
"Henley on Klip is 'n onontdekte juweel. Daar is egter nie baie vir gesinne om te doen nie, maar vir enkelinge en paartjies wat wil wegkom van die stad se gedruis, is dit 'n ideale bestemming - minder as 'n uur van Johannesburg af."