Verified Reviews
Midlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Midlands Meander
Rated 4.4 out of 5 based on 567 reviews.
"Ons was nie toeriste nie, maar vir ons op die platteland is die mediese dokters en hospitale van groot belang. Alles was baie professioneel."
"Howick is lovely and close to many wonderful sights and interesting places for visitors. Loved exploring the midlands area. "
"Howick se munisipaliteit kan vir seker iets doen omtrent die besoedeling van die waterval - die daaglikse wassery van wasgoed bo by die waterval is regtig 'n seer oog en hartseer om te sien. Die waterval se besigtiging is alles behalwe iets om aan te beveel, want die parkeerarea is vuil en bitter gevaarlik. Jy voel geensins lus om jou motor alleen daar te laat nie. Om dan uiteindelik die moed bymekaar te maak en wel af te stap om die waterval te gaan sien is voorwaar 'n teleurstelling as jy sien hoe honderde hulle wasgoed moet seeppoeier in die stroom water was en oral op die rotse uitpak. Howick het ontsaglik baie potensiaal om dubbel soveel toeriste te lok, maar dan moet hierdie tipe goed uitsorteer word. Die res van die dorpie is eintlik mooi skoon in vergelyking met baie ander dorpe in KZN, so baie geluk daarmee."
"Die dorp is ongelooflik mooi. As ek aan Balgowan en die omliggende area dink, dan dink ek nie aan Natal nie, ek dink aan die Kaap. Ek was stomgeslaan oor die area en die klein plekkies rondom Balgowan."
"Goed geleë binne die Midland Kronkeling. Goeie basis om verskeie besienswaardighede te besoek."
"Skouspelagtig! Rustige atmosfeer. Pragtige groen deel van Suid-Afrika, 'n moet-sien!"
"Apart from the Howick Falls with the obligated gift shops from the locals (with some very nice souvenirs) and some good restaurants, the place itself is not very interesting. But our stay was too short to explore more."
"Heerlike Roetes vir verken en ons was verstom oor al die kreatiwiteit in die omgewing."
"Ons is verlief op Midlands Meander as 'n bestemming! Een van die mooiste plekke. Lekkerste plekkies om te besoek en heel wat om te sien en doen. Die bestemming is ideaal vir troues en avontuur. Ons het elke oomblik geniet!"
"Did in die Natalse Midlands so te se teenaan Nottingham Road, wat kan jy meer se? Stunning!"