Verified Reviews
Mookgopong
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mookgopong
Rated 4 out of 5 based on 301 reviews.
"Ek sou nie Mookgophong aanbeveel as 'n toeristebestemming nie. Tensy jy nie na 'n oord or plaas toe gaan nie is daar nie veel om te doen nie. Die dorp is in 'n slegte toestand en maak seker jy vat al jou kos saam die winkels daar het nie baie nie."
"Werklik 'n klein plaaslike dorpie, maar alles wat jy nodig het of per ongeluk vergeet het, is darem beskikbaar."
"Die Krokodilplaas was 'n fantastiese uitstappie (Lalele) en word sterk aanbeveel! Euphoria se golf en spa uitstekend! Waltkon slaghuis die beste!"
"Die ligging sal absoluut afhang van dit wat die besoeker soek. Indien jy baie vermaak verwag kan jy dalk teleurgesteld word. As jy wil rus en wegbreek van die daaglikse goed, is Naboomspruit die area om te besoek."
"Daar is baie vakansieplekkies in Naboomspruit wat ek graag sal wil besoek, maar die dorpie is glad nie hoog op my lys om te besoek nie, beslis nie meer soos ons in die ou dae nie. As ons weer daar vakansie hou sal ons 'n plekkie soek wat 'n winkel het sodat mens nie hoef na die dorp te ry nie."
"Naboomspruit is 'n tipiese plattelandse dorpie waar agteruitgang in die sakegebied duidelik sigbaar is."
"Klein, besige dorpie, maar genoeg winkels as jy iets benodig. Die gholfbaan is 'n wenner vir die wat gholf speel."
"Klein dorpie met baie vriendelike mense. Stop gerus langs die pad by die verskeie padstalletjies vir lekker middagete of vleis en biltong aankope. Lieflike bosveld juweel, wens ons het meer tyd gehad om die area verder te verken!"
"Very peaceful and lots of natural views. Nice place to enjoy nature and get away from the city life."
"Naboomspruit is eintlik net vir mense wat wil jag en ek dink maar so omdat ek nie 'n jagter of kampeerder is nie, asook dat ek 'n weduwee is. Dus dink ek my opinie is subjektief."
"Bokkieweek was 'n fees, die omgewing pragtig met die massiewe doringbome en die bosveld-atmosfeer is die perfekte kombinasie vir enige reisiger. Die toegang tot wildsplase en warmwaterbronne maak dit die lekkerste plek om 'n week weg te breek en van alles te vergeet."
Euphoria Golf Estate And Hydro, Mookgopong
Thaba Tholo Game Farm"Uitstekende Gholfbaan, maar egter nie deel van Thaba Ntholo nie."
"The area is very quiet, we wanted to party but there were no places around."
"Dis 'n klein dorpie, en nie regtig baie anders as enige ander dorpie nie, ons was daar vir die #Hansie Rugby Week wat elke jaar plaasvind. Die dorp is veilig en rustig. "
"There was quite a bit to do in the area. Bouncy Croc Farm was a great tour and good fun for the kids afterwards, they are a bit cheeky charging adults who aren't swimming full price too. Euphoria Waterpark and Cableway was a worthwhile day out as well, take your own chairs if you are going for the day. Lalele Croc Farm is good for a quick visit. Luiperdskloof Safari was an enjoyable experience, again a bit cheeky, we had to pay for 4 people even though we were only 3, that being said the rates were very reasonable. It is only really buck/giraffe and our driver was Afrikaans so interaction was very limited, however, he was a very skilled driver, and navigated the difficult road well. The views were brilliant and it was a worthwhile experience! The horse riding next door to Bothania was amazing. We thoroughly enjoyed our time on the horses and will definitely do that again!"
"Dankbaar vir basiese winkels soos Shoprite en Wimpy, wat skoon was en redelik met hul pryse. Die ander besighede/winkels en slaghuise was uiters duur. Vleis is baie duurder as in Pretoria en dit was nie lekker om te sien hoe van die mense in die slaghuise die vleis hanteer nie. Met die terugry na Pretoria op die alternatiewe roete, het ek baie plekke gesien om 'n volgende keer eerder te probeer."
"Als wat jy nodig het is beskikbaar, by OK Supermark en groot slaghuis naby die oord (2.5 km). Baie eetplekke in en om die dorp, sowel as klein en groterige winkelkies om in te snuffel."