Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2136 reviews.
"Mosselbaai bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, restaurante en verblyf. Die avonturiers sal versot wees op die staproetes, "zipline", vuurtoringbesoek en vele meer. Daar is heerlike koffiewinkels, restaurante en kuierplekke vir enige besoeker. Geskiedenis en kultuur is ook hoog op die lys van interessante besienswaardighede. Ongelukkig is die bouery by die Diaz museum nie baie verwelkomend nie en die besienswaardigheid is tans nie baie stimulerend en opwindend nie, maar ten spyte hiervan is dit nog die moeite werd om die kasteel en ander inligting te besigtig. Dankie vir die moeite wat gedoen word om die fasiliteite uit te brei en terselfdertyd toeganklik en interessant te maak vir besoekers."
"Besig, maar wat vir my die meeste aandag getrek het, is die Afrikaanse mense rondom ons. Ons het tot so ver as Tsitsikamma gereis in die 6 dae van ons verblyf in Danabaai, Mosselbaai. Die mense is almal vriendelik en so bedagsaam."
"Mense moet gaan kyk by die grot en die lighuis. Die uitsig is pragtig. Sal volgende keer langer moet kuier want ons het beslis nie alles gesien wat Mosselbaai bied nie."
"Mosselbaai is 'n heerlike plek wat soveel bied om te doen. Vir die wat hou van snuffel, sal verbaas wees oor wat hulle sal ontdek. Ongerepte strande vir die wat daarvan hou. Hawe ervarings, ou geboue en museums. Alles die moeite werd in 'n netjiese dorp wat soveel kan bied."
"Ek waardeer dit dat die ou Portugese boustyl van baie van die geboue in die sakekern van Mosselbaai nog behoue gebly het synde dit 'n unieke storie vertel oor ons Suid-Afrikaanse geskiedenis. Mosselbaai is soos die sprokiesverhaalkaraktertjie, Aspoestertjie - bedags asvaal, maar snags verrassend, blink en pragtig soos 'n towerglasskoen. Ek dink egter die aanwysings op borde langs die strate verdien aandag. Dit kan verwarring skep vir toeriste wat nie dikwels in Mosselbaai kom nie. Voorts behoort die stadsmoeders en -vaders van 'n sekere ouderdomsgroep asb. te besef dat Mosselbaai se grootste inkomste nie uit vissery kom nie, maar uit toerisme en vakansiegangers. Moet dus nie treurkoeklik wees deur die naglewe in Mosselbaai dood te druk deur klubs en kuierplekke en ook die Buffalo Rally se saamtrek te onderdruk nie. Mosselbaai se naglewe gekombineer met die ou Portugese boustyl spel een ding: avontuur. Laat dit wees wat dit is en trek voordeel uit die inkomste uit toerisme wat dit vir die dorp inbring. Voorts is Mosselbaai die een dorp waar mens nog saans laat selfs op jou eie 'n entjie kan gaan stap om klein verrassende juweeltjies van interessante kuierplekkies en winkeltjies te kan ontdek. Niks gebeur daar met jou nie. Hou dit so."
"Mosselbaai het baie uitgebrei vandat ons 3 jaar gelede daar gekuier het, maar nogsteeds 'n lekker plek om vakansie te hou."
"Pragtige vakansieplek met 'n groot verskydenheid van aktiwiteite om jouself mee besig te hou."
"Ons hou elke jaar vakansie in Hartenbos. Geniet dit vreeslik baie met die kinders, omdat alles bymekaar en veilig is."
"Groot verskeidenheid kuierplekke en aktiwiteite. Heelwat strande in die omgewing. Toegangsroetes kan nogal besig wees, maar meeste motoriste is geduldig en vriendelik."