Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
"Rustige plek, regtig die moeite werd om weer te besoek. Sal beslis meer tyd moet neem om verblyf te beplan vir 'n volgende keer."
"Dit is pragtige rustige en veilige gedeelte van Mosselbaai. En nog steeds baie sentraal aan alles."
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Huis Gesellig"Sentraal Mosselbaai is geleë naby al die mooi dele van Mosselbaai. "
"Die personeel is vriendelik en behulpsaam. Die vervoer na en van die lodges is patykeer 'n omslommernis, maar terselfdertyd opwindend. Kom beslis weer."
"Mal oor Mosselbaai. Werklik baie oulike eetplekke en vrek interessante winkeltjies. Dis wonderlik om sommer so in die strate te kan rondloop en kyk na alles, en ons het baie veilig gevoel te alle tye. Orals is die mense baie vriendelik en Afrikaans! Die dorp is mooi skoon en goed versorg!"
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Golf Paradys"Mosselbaai is pragtig en mense baie vriendelik, perfekte vakansie bestemming."
"Lekker rustige plekkie by die see. Iemand wat so 'n trein ervaring wil beleef sal ons dit aanbeveel. Maar weereens soos met alle toeriste betrekkinge jy kry waarvoor jy betaal."
"Pinnacle Point is die ideale vakansie plek vir die hele gesin. Veilig en pragtige natuurskoon. Ideale ligging."
"Geen beter vakansieplek in die land as Mosselbaai nie. Ons het al Weskus probeer maar keer elke keer terug Mosselbaai toe."
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Hoog 109 High"Daar is klomp besighede en plekkies om te gaan in Sentraal Mosselbaai, maar mens sal na die ander areas ook moet gaan. Vir vakansie mense sal dit miskien nie genoeg wees om hulself mee besig te hou nie."
"Lekker naby aan Mosselbaai en dit sal 'n baie lekker vakansie in die somer wees. Strand is asemrowend."
"Ek dink nie ek was al by 'n baai so mooi soos Santosbaai. Kalm waters en stunning strand."