Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Bay Vista Guesthouse"Dis lekker daar, naby die punt en naby die ander kant na Santos toe m.a.w. die swemplekke. Winkels ook naby. Dis nie nodig om Mall toe te gaan nie."
"Pragtige skoon veilige strand wat oud en jonk kan geniet. Dis ideaal vir ouers aangesien daar baie is om kinders mee besig te hou sonder winkels en stalletjies met onbenullighede wat ouers se sakke kan ruk. Ek is oortuig 'n sessie in die Waterpark sal kinders se hoogtepunt van die dag en 'n lekker ruskansie vir ouers wees. Alle besighede wat mens op vakansie nodig het is binne bereik, veral die Langeberg Mall is 'n groot aanwins. "
"Ideale vakansie verblyf in Mosselbaai. Pragtige uitdagende gholfbaan, klubhuis en SPA. Naby groot inkopiesentrums, gym, Hartenbos en Diaz waterwêreld. "
"Island view is baie goed geleë en het 'n pragtige uitsig oor Mosselbaai. Dit is baie veilig, skoon en netjies. "
"Stop long enough to chat with the locals and other visitors, it makes for a wonderful experience. If what you want is not on the menu, try something different or ask the friendly staff if they can recommend somewhere else. Santos Express will see us again in 2018, we are planning to make it an annual family event."
"Werklik spesiaal! Baie om te sien en te doen! Praguitsigte en plekkies! Romanties met die regte atmosfeer!"
"No words are enough to express the joy and happiness we had from the time we arrived to the time we left. Everything was on point and actually it was more value for what we had paid for."
"Ons kom al die pad van Limpopo en het al op ander dele langs die Kaapse kuslyn gaan vakansie hou. Ons sal nie graag in Mosselbaai self wil vakansie hou nie aangesien dit te bedrywig is daar, maar Danabaai, Hartenbos ens. waar dit rustig is, beslis. Ons is oorweldigend beïndruk, eintlik verras, deur die fantastiese diens en vriendelikheid van die besighede en algemene publiek van Mosselbaai wat ons ondervind het tydens verskeie besoeke tydens ons verblyf in die omgewing. Absoluut puik!"