Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Alles wat jy nodig het kry mens in Marlothpark. Lekker rustige atmosfeer. Baie wild om te sien. Hulle kan aandag aan die grond paaie skenk."
Kruger National Park South, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Baie ruig en sien nie baie diere nie, maar dit hang af van die seisoen van die jaar. Kruger bly awesome."
"Paaie is slegter as wat ek verwag het vir mense wat laer karre het. Miskien moet hulle 'n waarskuwing opsit."
"Ons het die kuier geniet, dankbaar vir die nuwe waterpark. Sommige kostes van produkte in winkels is net buitensporig duur."
"Ek hou van die winkelsentrum wat naby die die huis geleë is. Jy het alles wat jy nodig het."
"Wel hul kan aandag gee aan hul paaie, dit kort baie werk. Maar sal weer Sabie toe gaan. Dit was wonderlik."
"Baie vriendelike toeristedorpie, restaurante was almal goed, bietjie gesukkel om behoorlike vleis te kry om die braai. Die Lebamba-supermark in die begin van die dorp was die beste in die dorp. Die biltongwinkel langs die supermark het ook goeie, gevriesde, slaghuis-vleis verkoop wat baie lekker was, so ons kon darem ietsie braai. Old Transvaal Inn het baie lekker melkskommels gehad, en ook 'n oulike speelgoedwinkel. Baie lekker ontbyt gehad by Pickles and Things. Stel voor julle besoek die Dullstroom Bird of Prey & Rehabilitation Centre, 1km buite die dorp. Dit is regtig fantasies, hulle demonstrasies in die oggend en agtermiddag met die valke en uile was fantasties (ons het twee keer gegean) Hulle doen uitstekende werk met die rehab van roofvoëls."
"Sommige paaie is regtig in 'n slegte kondisie, maar die natuur bly 'n wenner."
"Was very busy due to the long weekend. Enjoyed it much more previously when it wasn't so crowded."
"Graskop se dorp was opvallend skoon en daar was nie rommel in die strate nie. Die besoekers punte soos, Gods Window, Mac Mac Poele en Watervalle is mooi maar die koste van R30 per persoon en R15 'n kind om die plekke te besoek raak nogal duur (neem kontant saam om te betaal) en mens sien nie regtig dat die geld aangewend word om die plekke te onderhou nie. Paaie is begaanbaar maar slaggate is wel 'n probleem."
"Paaie het ietwat ageruit gegaan in die laaste 2 jaar. Hier en daar verspoel en grond erosie is erg. Was op sekere plekke nie te maklik vir ons met 'n SUV nie so ek dink vir 'n gewone motor sal dit nog meer van 'n uitdaging wees. Daar was ook 'n hele paar groot gapings in die lyndraad tussen Marloth en die Kruger Park. Andersins bly die park 'n fees om te besoek."
"Buite seisoen is dit lekker stil, maar vakansietyd bietjie besig. So kies maar die regte tyd om te gaan."
"Ja, dis vreeslik lekker om daar vakansie te hou, want dis binne bereik van baie besienswaardighede."