Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Daar is nog plekke in die Laeveld met 'n ongerepte bekoring soos God Drie-enig dit geskape het vir mens en dier! "
"Ek is mal oor Sabie - kry net doodeenvoudig nie genoeg daarvan nie. Dit is beslis deel van ons vakansiebestemmings nou al vir die afgelope drie jaar en ons het reeds besluit om nog ten minste twee kuiertjies in te kry in volgende jaar. Daar is so baie om te doen en te sien dat mens net nie alles in een week ingepas kry nie. Die watervalle en die Mac Mac poele is 'n moet vir alle gesinne - mens sukkel om die kinders uit die water te hou. Die natuurskoon is asemrowend en vir die beste fotos moet jy net eevoudig die passe gaan uitry."
"Roads are terrible and I wish more vendors can sell a variety of things not same things."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
3 on Greger Accommodation"Baie groen, veral as jy van die Kaap af kom."
"Just remember to take cash with as there is only one ATM machine in the town and we were there during a bad sandstorm and all the pay points were down. "
"Beurtkrag moet vooraf gewaarsku word. Sal 'n tyd aanwysing van wanneer krag aan en af gaan wees, behulpsaam vind."
"Ons is absoluut mal oor Marloth Park in die geheel en sal definitief weer soontoe gaan. Die paaie kort egter opknapping."
"Sabie en omliggende dele is netjies skoon. Dit is regtig 'n aangename plek om te bly en sentraal geleë om ander plekke te besoek."
"Die denneboom en ander boom plantasies is voorwaarlik iets om te beskou. Kilometers rondom Piet Retief kan jy jou verkyk aan die rye bome."
"So naby aan Pretoria/Johannesburg om vir naweek of selfs langer weg te breek. Natuurskoon is onverbeterlik! Die Krugerwildtuin is maklik bereikbaar en 'n besoek verpligtend. Ander besienswaardighede is ook maklik bereikbaar. "
"Graskop het ongelukkig sy "glans" van klompie jare terug verloor. Maar dit bly nog steeds een van my gunsteling bestemmings."
"A small quaint town on the border of Swaziland and close to the Kruger National Park and number of other towns worth visiting."
"Graskop het baie agteruit gegaan van ons laas daar getoer het in die vroeë 2000. "
"Klein dorpie met 'n pragtige kerk gebou. Mooi uitsigte en redelik stil. Maar onversorgde paaie en ontvolking lei tot baie lee geboue en slaggat-paaie. Die roetes buiten die N4 om Machadadorp is vreeslik mooi met baie fotografie geleenthede."