Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Sentraal geleë t.o.v. sakesentrum en daar is genoeg eetplekke binne 2 kilometer van die gastehuis."
"Ek dink dat hul die heksekuriteit kan verbeter. Baie rustige park en baie huise om van te kies wat gehuur kan word. Vir elkeen se behoefte en wat jou sak pas! Lees maar die resensies op elkeen. Baie oulike roete teen die heining van die wildtuin, wat jy kan ry of stap en wildkyk. Bankies is oral uitgesit om te rus en te ontspan. Marloth self het ook wilde diere wat vrylik rondloop en baie huise doen moeite om vir hul voer uit te sit. Vlug uit die stad en kom geniet die bos!"
"The juice processing plant about 100 meters away was rather noisy at times. Malelane is OK but could do with a clean up."
"Die omgewing is baie droog en warm op die stadium, maar die diere het opgemaak vir dit! "
"Ons was regtig verras oor hoe mooi en skoon die dorp is en hoeveel die dorp uitgebrei het. Sou graag meer van die dorp wou besigtig, maar ons tyd daar was kort."
"Marloth is teenaan die wildtuin wat lekker is. Dink net hulle moet meer doen om al die plekke binne mooi te hou. "
"Die dorp self is niks spesiaal nie. Sabie is by verre die beter dorp. Maar Graskop is naby al die besienswaardighede."
"Restaurante baie duur, Geen slaghuis in die dorp nie. Nie 'n besoekersvriendelike dorp nie."
"Witrivier is 'n baie rustige dorpie wat naby aan baie besienswaardighede is en sommer 'n klipgooi van die Wildtuin af."
"Lekker sentraal om verder ons mooi Laeveld te gaan verken. Goeie restaurante, vriendelike mense en baie netjies en skoon."
"Die mense in die winkels is vriendelik en daar's baie om te doen. Dankie dat julle dit so lekker maak om weg te breek en te kan kom rus."
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."
"Oppas! Twee nagte by die park is te min! Enige stap-entoesias sal die plek geniet. En dan is die (wilde) bokke/diere tussen die huise 'n groot bonus."
"Ons het heerlike koffiewinkels geniet asook restaurante. Kon nie eens by almal uitkom wat ons wou nie. Beslis 'n lekker plek."