Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Eco Eden Bush Lodge and Events Venue"Nelspruit is vir my halfpad na 'n regte bestemming toe - soos die wildtuin. Dit is nie die eindbestemming nie en daarom het ons net 1 aand oorgeslaap."
"Ek beveel enigiemand aan om hierdie dorpie te besoek. Dis 'n versteekte diamant in Mpumalanga. Uniek in elke opsig, van karakter, ligging asook die klimaat. 'n Moet op elke besoeker aan die Laeveld se lys."
"Ons het bietjie gesukkel om 'n winkel oop te kry, maar ons was eers na 14:00 daar. Baie lekker uit geëet by 'n restaurant die aand. Lekker rustige dorpie!"
"Beautiful places to visit. We went to the elephant sanctuary and that was an experience of a lifetime!"
"Ons het kort-kort kragonderbrekings gehad wat nie so lekker was nie, maar dit klink of dit nie net 'n probleem in Marloth Park is nie. Hopelik sal dit in die toekoms opgelos wees."
"Wat meer wil jy hê as om in die oggend uit te gaan en diere om jou te sien. Vriendelike mense by die winkels wat so lekker gesels en die rustigheid van die natuur. Jy het niks meer nodig nie. "
"Wakkerstroom is 'n baie spesiale plek. Die stilte en natuurskoon is telkens asemrowend! Die gebrek aan al die "stadsdinge" waaraan 'n mens gewoond is, pla 'n mens nie eers nie, want die stilte is salf vir die siel!"
"Ons het Baberton besoek en was beïndruk. Badplaas self bied nie veel nie. Die warmwaterbron is wel puik."
"Die House of Whiskeys se jenewerproe is die moeite werd, asook Charlie S se Dullstroom-ontbyt."
"Geniet die natuur en rustigheid van Marlothpark. Alles wat jy benodig is binne bereik. Puik eetplekke."
"Marloth Park word sterk aanbeveel. Dit bied oulike verblyfopsies en dit is waarde vir geld. Daar is diere wat vry rondbeweeg onder meer sebras, impalas en meer. Die Krokoldilrivier is maklik bereikbaar en diere soos seekoeie, renosters, leeus en krokodille kan vanaf die oewer gewaar word. Verder is daar 'n klein supermark, petrolstasie en 'n restaurant - alles is beskikbaar en die Krugerwildtuin is ook naby. "
"Die omgewing beskik oor 'n hele paar juweeltjies. Die dorp self raak egter soms net te vol en besig - veral oor naweke."
"It's a great place to be, even for shopping. There's also a range of restaurants. "
"Marloth Park kan gerus iets doen omtrent die grondpaaie. Die paaie is vol gate en klippe, en gronderosie het baie van die paaie erg beskadig. Dit is duidelik dat daar nie veel onderhoud gedoen word nie. Sekere van die paaie kon ons nie ry nie en ons moes omdraai om ander roetes te soek. "