Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Vir enigiemand wat van die bosveld hou is dit hemel op aarde en die toeganklikheid van daar na die suidelike gedeelte van Kruger Wildtuin is 'n bonus."
"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "
"Net jammer ek kon nie my hondekinders saambring nie, maar dit was heerlik en oulik om die bokkies te voer. Ek wens ek kon die naweek teruggaan. Personeel by die hek was baie vriendelik en behulpsaam."
"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."
"Die oggend na die troue by Middelburg Golf Country Club het ons ontbyt gaan eet. Uitstekende kos en waarde vir geld!"
"As jy 'n rustige wegbreek soek, is Chrissiesmeer die regte plek. Ons het eers die oggend van ons vertrek uitgevind dat daar 'n gedenkteken is ivm die vryheidsoorloë. McClouds behoort 'n pamflet saam te stel hiervan."
"Soos al die klein plattelandse plekke is die dorp maar 'n bietjie vuil. Ek moet sê daar is 'n lieflike SPAR indien jy iets by die huis vergeet het."
"Baie mooi en rustig. Hoop hulle kry genoeg reën dat die plantegroei weer kan herstel. Kan sterk aanbeveel word."