Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Beautiful destination. Would highly recommend a holiday in the region."
"Witrivier is in 'n aangename klimaatstreek geleë en baie sentraal vir besoeke aan die Krugerwildtuin, Blyderivierpoort of ander toeristeaantreklikhede in die Laeveld."
"Marlothpark se sekuriteit is nie baie goed nie. Ons vriende is deurgelaat sonder om hul bespreking te wys of 'n permit te ontvang (hulle was nie bewus dat hulle een moes kry nie). Die volgende dag het hulle gevra vir 'n permit, maar was meegedeel dat daar nie genoeg permitkaarte beskikbaar is nie (dit was oor 'n langnaweek, dus was daar baie besoekers gedurende die tyd)."
"Ek was in Ermelo vir 'n sporttoer vir ons dogter - dit is nie noodwendig 'n toeristebestemming nie."
"Die omgewing, nie net Sabie, het baie agteruit gegaan. Was baie geskok. God's Windows is regtig 'n totale gemors."
"Baie besig gewees oor die langnaweek (soos altyd). Paaie is in 'n swak toestand en benodig dringend aandag. Ons het vir 13 jaar 'n huis daar gehad en paaie was gereeld geskraap."
"Die ideale plek vir iemand wat wil wegkom van die stad maar steeds lekker restaurante naby wil hê met volop vermaak as jy hou van stap, voëlkyk en fietsry."
"Lekker vakansieplekkie in die bos. Begin egter baie kommersieel raak. Die enorme lodges en drie verdiepings 'n bekomernis vir die toekoms. Lekker gebly naby die Kruger."
"Nog altyd lekker gekuier by Marloth en die mense is baie vriendelik. Dit is 'n moet as jy van die natuurlewe hou."
"Die grensdraad tussen Marlothpark en die Krugerkildtuin is kommerwekkend en in 'n baie swak toestand. Nie seker of dit die parkeraad se verantwoordelikheid is nie, maar kan verstaan dat daar leeus en ander diere maklik kan oorloop na Marlothpark."
"Dit werk dalk vir 'n vinnige oorstop en 'n aand se slaap, maar nie as 'n toeristebestemming nie."
"Dis baie naby aan die Malelane-hek van die wildtuin waar ons vinnig en vriendelik deurgelaat is. Ons kon kort na 06:00 al begin wildkyk."