Verified Reviews
Naboomspruit
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Naboomspruit
Rated 3.9 out of 5 based on 67 reviews.
"Dis 'n klein dorpie, en nie regtig baie anders as enige ander dorpie nie, ons was daar vir die #Hansie Rugby Week wat elke jaar plaasvind. Die dorp is veilig en rustig. "
"Dankbaar vir basiese winkels soos Shoprite en Wimpy, wat skoon was en redelik met hul pryse. Die ander besighede/winkels en slaghuise was uiters duur. Vleis is baie duurder as in Pretoria en dit was nie lekker om te sien hoe van die mense in die slaghuise die vleis hanteer nie. Met die terugry na Pretoria op die alternatiewe roete, het ek baie plekke gesien om 'n volgende keer eerder te probeer."
"Daar is nie veel om te doen in die omgewing nie, behalwe om Die Oog te besoek."
"Dorp lyk baie beter as 'n paar jaar gelede. Strate word oorgedoen. Ietwat van 'n probleem om by 'n plek te stop, a.g.v. die padwerke. Indien die paaie klaar oorgedoen is, sal dit die moeite werd wees vir toeriste om daar inkopies te gaan doen. Dorp is baie skoon. Sal definitief die dorp binnekort weer besoek."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Ek sal nie graag die volle dag in die dorp wil spandeer nie. Dit is rustig ja, maar dit lyk so asof die dorp wil agteruit gaan. Glad nie 'n plek meer vir besienswaardighede nie. Lyk ook bietjie onveilig. Sal net die nodigste daar verkry van inkopiesentrums en dorpie verlaat."
"Net een word! Naboomspruit is tops. 100% reg vir ’n toeristebestemming. Naboomspruit het baie potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van toerisme."
"Ons kon die nodige daar vind. Die Wimpy koffie was tops en die diens puik. Sal net nie die publieke toilette aanbeveel nie."
"Ons was by Windpompfees. Ons wou nog die Sondag kuier en iets doen maar kon nie iets kry wat aanbeveel word nie."
"Dit is gewoonlik ons bestemming vir 'n langnaweek. Son, natuur en skoon lug. Wat meer kan ons stadsjapies vra."
"Mal oor Naboomspruit, was nou al by twee verskillende plekke in Naboomspruit en altwee die moeite werd!"
"Naboomspruit oor die jare is nog altyd 'n knus dorpie waar jy van 5-ster-verblyf, die Groot 5, kamp tot visvang kan beleef. "
"If you want to rest this is ideal. Not for people to go do shopping or that want to go to town."
"Was by Bouncy Croc - uitstekend. Middagete daar baie billik. Sasha's pub - baie geniet, kos heerlik."
"Ons het op 'n pragtige plaaslike "kuiergat" afgekom met die naam "Sashas Restaurant and Boma Pub" ... baie lekker kos en atmosfeer!"