Verified Reviews
Natal Midlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Natal Midlands
Rated 4.4 out of 5 based on 950 reviews.
"Gastehuis het uitstekende ligging en ons sal weer daarvan gebruik maak omdat dit so naby die snelweg, naby Hayfields Mall en ons ander besoekpunte was. Die rustigheid van die nabygeleë Scottsville Race Course en natuur was ook aangenaam. Eetplekke is taamlik naby en toeganklik."
"Dit was interessant om die watervalle te besoek. Daar is heelwat stalletjies van entrepreneurs in die plaaslike gemeenskap. Die Midmarmyl (waarvoor ons gegaan het) is baie goed georganiseer. Was veral beïndruk met die gemaklike verkeervloei in en rondom die dam "
"Gaan definitief na El Posstino toe. Die kos is regtig goed en die diens fantasties."
"Estcourt self is nou nie eintlik iets nie, maar die omgewing het baie mooi en lekker plekke."
"Pragtige dorpie met die mooiste uitsig, sal ook graag daar wou gaan aftree."
"Die ideale plek waar die person wat in die geskiedenis belangstel baie het om te sien."
"Dis 'n pragtige bestemming om te besoek. Ek gaan weer Oktober vakansie die area besoek. 'n Naweek is net te kort gewees."