Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2304 resensies.
"Mooi "wegbreekdorp". Ek lei af dat die inwoners in die groter dorpe binne so 100 km werk."
"Stilfontein is a very good place for a travel destination. Still want to book other guest houses there."
"Die paaie oral in die dorp waar ons beweeg het was absoluut pateties, swak, vol gate en baie onprofessioneel gelap of gevul."
"Paaie swak. Soek die teerpad om diep slaggate mis te ry. Pragtige dorp wat vervalle geraak het."
"Dis jammer dat die pragtige dorpie binne 'n paar jaar so verwaarloos is. Strate is vol slaggate en die omgewing is nie altyd veilig nie."
"Baie mooi dorp. Maar baie verwaarloos, paaie in swak toestand. Baie swak stadsraad."
"Die paaie in en direk om die dorp is in treurige toestand, tipies van wat oral in ons land die geval is. Die dorp is vuil en onveilig - ook tiperend van wat in SA tans aan die orde van die dag is."
"Die rede vir die 3/5 as toeristebestemming en 4/5 vir veiligheid, is slegs omdat Vryburg se misdaad handuit ruk. Ons het die aand iets te ete gaan soek en is selfs deur 'n inwoner gewaarsku om sekere strate te vermy op pad terug na die gastehuis. So ook het 'n pompjoggie ons gewaarsku om ons deure te sluit terwyl hy brandstof ingooi omdat daar baie boosdoeners is wat deure ooppluk en enige iets van waarde steel. Ons sou graag die dorp wou vermy in die toekoms weens die misdaad, maar die gastehuis is vir seker 'n wenner en op die regte plek geleë. Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie 'n effektiewe inisiatief van die polisie of gemeenskapspolisiëringsforum is om misdaad aan te spreek nie. Volgens almal wat ons gewaarsku het, word voertuie van ander provinsies meerendeels geteiken omdat dit niksvermoedende motoriste is nie. Hopelik sal die gemeenskap van Vryburg begin opstaan teen die misdaad voordat die dorp te bekend raak vir die feit dat misdaad nie behoorlik vasgevat word nie. Ons was van Limpopo op pad Augrabies toe en Vryburg is ideaal vir oorslaap, maar ongelukkig gaan die misdaad daartoe lei dat voornemende toeriste 'n veiliger bestemming gaan kies vir oorslaapdoeleindes."
"Plattelandse dorpies se infrastruktuur 'n groot probleem. Eetplekke byna niks, gholfklub beste."