Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 2304 reviews.
"Small town. Go prepared as there's not even a pharmacy close by. Lovely curioshop. Everyone is very friendly andyou feel very safe."
"Die omgewing is skoon en netjies. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam. 'n Aangename verandering vir ons van die stadslewe af."
"Ek is 'n nuwe inwoner in Lichtenburg, en ek moet sê, 90% van die diens wat ek ontvang het was baie vriendelik en baie hulpvaardig wat meer is as wat ek van baie ander dorpe kan sê."
"Die paaie is nie so besig soos na ander bestemmings toe nie. Bietjie warm gedurende die somermaande. "
"Die tydjie was te kort om rond te ry. Ons was baie verras oor die winkelsentrum - lekker groot en ruim. Sal graag weer daar 'n draai wil gaan maak."
Potchefstroom Central, North West
Herberg vir Afrika"My dogter is daar op universiteit en dit is die rede hoekom ek Potchefstroom toe kom. Vir my is dit 'n lieflike dorp, maar ek kan my nie uitspreek oor die toeriste-aktiwiteite, ens. nie. Daarvoor is ek te min daar."
"Wow, ek was verras om te sien hoe groot die plek is. Ek het ongelukkig nie uitgevind of daar enige besienswaardighede is nie, want ons het elke keer met sononder daar deurgery. By 'n teekamer die oggend het ons buitelanders gesien en baie fietsryers van alle ouderdomme, so ek glo daar moet 'n toeristeaantrekking wees. maar ek is nog onbewus daarvan. "
"Sal dit aanbeveel - nie te ver om te ry nie en die paaie is in 'n goeie toestand."