Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8180 reviews.
"Baie rustige dorpie met heelwat karakter en karakters. Sou graag daar wou aftree eendag."
"Aangename, vriendelike mense. Uitstekende kos by Essence Restaurant."
"Quiet town. Maybe they should do more fro the the tourists, for example boat cruises/rides, sand dune surfing, what about an aquarium? Also, to bring more shops to the town i.e. clothing shops, Checkers/Pick-a-Pay."
"Mooi skoon klein dorpie. Die nuwe Spar was 'n aangename verrassing. Ons het by die Spar die lekkerste sosaties en wors gekoop om te braai. Het ook 'n draai by die Pienk Padstal gemaak, vars droë perskes, dadels en rosyne gekoop. Die Augrabies-waterval is 'n moet."
"Vars vis te koop by die hawe is lekker en die res van die gemeenskap is vriendelik."
"'n Baie skoon en interessante dorpie. Ideale plek om oor te slaap wanneer 'n mens moeg gereis is en 'n halfpadmerk soek om te rus op pad Kaap toe. Die mense van die dorp is vriendelik en is daar ook oulike restaurante om by te eet."
"Dis 'n baie klein dorpie met baie ou geboue. Beslis 'n oornagstop en rusplek."
"Ons het nie veel van die dorp gesien nie, het laat daar aangekom en weer vroeg gery. Was bly om 'n winkel te kry wat so laat in die aand oopbly. "
"Baie afgesonder en soms moeilik om soontoe te ry maar dis absoluut deel van die pret en avontuur. Pragtige plekkie."
"Victoria-Wes, is 'n heerlike dorpie om vir 'n nag of twee oor te staan. Dis 'n baie skoon, vriendelike en gasvrye dorpie. Beslis die moeite werd om te besoek."