Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8180 reviews.
"'n Goeie stilhou- en oorblyplek in 'n interessante deel van die land - dit word baie warm in die somer en kokend in hittegolftoestande."
"Verskriklik warm in die somer. Oulike restaurante. Regte plek vir halfpadstop tussen Johannesburg en die Kaap."
"Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is."
"Die besoek aan die geskiedkundige NG Kerk was die hoogtepunt. Daar is georganiseerde besigtigingstoere wat mens moet meemaak. Dit is ook 'n goeie idee om vooraf bietjie oor die geskiedenis van die dorpie te lees. "
"Ons was baie beïndruk met die Augrabies Nasionale Park en die geriewe daar binne."
"Ons was verbaas oor die oulike dorp. Het altyd gedink dis 'n stowwerige ou plekkie, maar dis regtig oulik."
"Ons het baie lekker gebly en die restaurante in die omgewing, naamlik Plattelander is hoogs aanbeveelbaar. "
"There isn't much advertising as what to do in and around Colesburg, but it it is a good place to overnight in between long distances."
"Ons het net daar oornag oppad terug van die Kaap af, ons het die wonderlikste ete by Bordeaux Restaurant geniet! Baie gasvrye eienaar, goeie diens en natuurlik die kos was voortreflik!"
"Ons het 5 uur die middag daar aangekom, moeg gery, kos gemaak, gestort en gaan slaap, is weer die volgende oggend 5 uur daar weg. Niks van Upington gesien nie, sal graag wil teruggaan."