Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."
"Die dorpie is klein en interessant. Die mense is vriendelik en gasvry. Ons was met ope arms verwelkom in elke plekkie en het heerlik geklets met almal. Die personeel van die museum was regtig vriendelik en die gasvrou van die bed en ontbyt by die Old lady was aangenaam."
"Pragtige dorp wat goed geleë is, genoeg besighede vir 'n reisiger. Die Springbok Resort restaurant word hoogs aanbeveel."
"Good place to unwind from city pressure and sooth ones soul. Beautiful garden and environment. "
"Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens."
"Ons vertrek nooit uit die dorp sonder om 'n lekker skaaplam te koop nie. Die smaak is net iets besonders. Calvinia sal maar altyd op my reisplan na die Noord-Kaap wees."
"Besoek alleenlik die plek as jy sekerheid het dat dit 'n goeie blomseisoen is of as jy wil wegbreek van die stadsgewoel."
"Ek glo nie Richmond sal ooit 'n groot toeristebestemming wees nie, maar dit is 'n goeie stop na 'n lang reis."
"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."
"Skoonste, mooiste dorp wat ons in 'n baie lang tyd gesien het. Mense baie beleefd en behulpsaam! Dankie."
"Goeie plek om oor te slaap en 'n paar dinge te beskou: die ou kerk, ander geskiedkundige geboue en sommer ook die geskiedenis van die dorp."
"Springbok se hele aantreklikheid lê in sy beskikbaarheid van die blomme in die omgewing en die blomme was hoegenaamd nie sigbaar nie. Tydens blomseisoen sal 3 dae te min wees maar in die afwesigheid van blomme was 3 dae te veel vir 'n plek soos Springbok wat nie veel bied nie."