Verified Reviews
Nxuba (Cradock)
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nxuba (Cradock)
Rated 3.9 out of 5 based on 313 reviews.
"The village of Cradock is worth a visit to view Olive Schreiner's home and old architecture. A pleasant Karoo town located in pretty surrounds. The locals are very friendly and helpful. Our trailer needed repair and the garage owner organised parts from PE to fix the trailer as quickly as possible. Very grateful."
"Cradock is 'n oase langs die Visrivier. Ou wêreldse sjarme wat jou terug vat in tyd en die geskiedenis. Dis nog 'n pragtige Karoo-juweel in die Oos-Kaap! Beslis 'n besoek werd."
"Die strate van hierdie dorp is in 'n ernstige toestand van verwaarlosing. Ons het gesoek na die Victoriaanse perde-trog in Frerestraat, maar dis klaarblyklik verwyder. By Olive Schreiner se huis is die koperplaatjies ook opvallend afwesig. Die NG Kerk naby die Hotel is 'n pragtige gebou. Ons het dit baie geniet om die stringe Tuishuise te sien - lieflike restourasiewerk."
"Ons was aangenaam verras met die dorp wat netjies vertoon het. By 'n vorige geleentheid was die dorp redelik onnet."
"Gaan eet beslis by Buffalo Dan. Kos is smaaklik, porsies groot en pryse baie billik."
"Ons het in Cradock net oornag op ons pad Durban toe, maar ek dink dit is definitief 'n langer besoek werd."
"The town received much-needed advertisement with the TV Series Spoorloos, which displays a neat town in the heart of the Karoo. They need to work on the cleanliness of the town, especially in the main road N9 link through the town."
"Cradock het 'n ryk geskiedenis en die potensiaal om 'n wonderlike bestemming te wees. Ongelukkig word die dorp nie goed bestuur en onderhou nie. "
"Ongelukkig soos in baie dorpe, baie papiere wat rondlê en waai. Baie mooi en besonderse kerk."
"Daar is nie regtig goeie restaurante vir uiteet nie. Die enkeles wat daar is, was vol. Enigste ander opsies is wegneemetes."
"Dis 'n pragtige dorp met vriendelike mense en 'n fantastiese mooi skool en kerk. Regtig die tyd werd om daar te spandeer."
"Everything you need is close-by, short distance, the traffic not too busy, schools near to each other. Our first time in Cradock, we will come again."
"Ons reis nou al 13 jaar deur Cradock en dit het hierdie keer werklik vir ons vuil gelyk i.t.v. papiere en plastiek wat rondlê. Die dorp word regtig onnet."
"A very interesting historical town and we could have stayed a few more days to enjoy the culture."
"Ry net versigtig vir die slaggate! Almal op die dorp is vriendelik en behulpsaam."
"Die inwoners bepaal die dorp. Die inwoners wat ek ontmoet en mee te doen gehad het, regverdig net goeie woorde."