Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Ons is aanbeveel na Bello Cibo restaurant vir aandete. Goed ingerig vir Covid-regulasies, met uitstekende diens en heerlike disse. Dit was 'n belewenis. Oudtshoorn se straatligte werk egter nie een nie, en dis moeilik om slaggate te vermy in die donker. Die volgende oggend in daglig sien ons egter die hoofstrate is heel, en die omgewing mooi skoon. Daar is heelwat historiese plekke om te besoek, en die atmosfeer is vriendelik Afrikaans. 'n Dag of drie in en om die dorp behoort 'n spesiale ervaring te wees."
"Schoemanshoek net buite Oudtshoorn is 'n pragvallei en 'n uitstekende bestemming om die Klein Karoo-plaasatmosfeer te beleef."
"Ek was in 1989 laas daar en dit was ’n belewenis om weer in die dorp te kuier. So baie geskiedenis en goeie vriendelike mense."
"It seems like a peaceful town and it offers a substantial amount of activities to keep the whole family occupied."
"Dit help baie as mens tyd het om Oudtshoorn en die omliggende dorpies te gaan verken. Ek sal maklik weer besoek aan Oudtshoorn aflê."
"Oudtshoorn sal ons weer sien. Twee dae was te min om die dorp en al sy besienswaardighede heeltemal te geniet."
"Baie om te doen in die omgewing. Pragtige natuurskoon en lekker eetplekke. Baie vriendelike mense."
"Ideale dorp om omliggende dorpe van te besoek. Baie besienswaardighede en doen dinge."
"Oudtshoorn is Karoo-mooi met vriendelike, landelike mense! Die groot Swartberge in die agtergrond bly maar my liefde en daar is baie plekke om te besoek met kinders!"
"Wonderlike omgewing met puik restaurante. Pragtige geskedenis en Cango Grotte was 'n belewenis."
"Yes I really enjoyed the trip from Cape Town to outshoorn through Barridale and will do it again."
"Die informele woonareas is 'n bietjie van 'n oogseer. Die omligende plaasareas is baie mooi. Die dorpie is mooi. Die Kango Grotte is 'n moet sien. Die diens oral is baie vriendelik en die Afrikaans was baie verwelkomend."