Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6810 reviews.
"Greyton is n skilderagtige dorpie met welige tuine waar rankrosies wild die wêreld versier. Dit is hoofsaaklik 'n kuns dorpie so as jy van skilder, beeldhou werk, craft bier, en geurige en keurige kos dan is dit perfek vir jou. 'n Ware toevlugsoord uit die gewoel van jou elke dagse bestaan. Dis baie landelik en niks snaaks as loslopende perde heel rustig in die hoofstraat afstap of as 'n perdekarretjie klop-klop verby draf op pad na iewers of êrens. Die mense koester nog kind en dier en is in harmonie met die natuur om hul. As jy in die berg wil gaan stap of 'n rustige koppie koffie wil geniet, gaan spandeer tyd in Greyton."
"Ek sal definitief stop by die padstalle (veral Houwhoek vir sy lekker pasteie en Dassiesfontein). Ons was by Cornellskop wat baie naby is vir 'n ongelooflike toer om hulle wilde diere te sien - die beste ervaring! "
"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."
"I love stopping off at Swellendam on my way to Plett for a sleepover - it's just a pity that most accommodation is so expensive especially when its just for a one-night stopover."
"Die haaihokke is die grootste aantreklikheid, maar helaas, teen R2200 per persoon vir 'n swem saam met die haaie, nie vir almal beskore nie! Ons het 'n koffie en koek geniet by die pikkewyn rehabilitasie sentrum daar naby. Restaurante is volop en daar is mooi natuurskoon langs die kus."
"Baie stil en rustige dorpie, maar met vriendelike mense. Kan dink dat dit baie besig sal wees oor vakansietye."
"Lekker rustig, nog nie deel van Hermanus se yuppies en gedruis nie, maar tog al die nodige geriewe binne bereik."
"Dit is lekker sentraal en naby alles wat nodig is en verblyf is gemaklik en privaat."
"Gaan en sien vir jouself - 'n onvergeetlike naweek met baie goeie memories."
"Ons ken Villiersdorp al baie jare en dis 'n mooi dorp en geplaas in 'n mooi ligging. "