Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Pragtige vallei met wynproeplekke. Einde Oktober/begin November is dit Open Gardens in die vallei. Iets wat oor en oor die moeite werd is om te sien."
"Great for a night or two, very safe and relaxing and so beautiful. Tourist friendly without being touristy. Might get a little boring after 3 days though."
"Daar is so baie te doen vir een en elk op Hermanus. Sal nooit 'n vervelige oomblik daar beleef nie."
"Vriendelike gasvryheid deur die hele dorp. Skoon en pragtig. 'n Juweel."
"Slegs korttermyn verblyf, kan winderig wees so kies doel en tyd van besoek noukeurig."
"Dit is regtig die mooiste groen dorpie met die mees interesante mense en plekkies om te besoek."
"Die doel van my besoek aan Hermanus was om walvisse te sien, en ek het hulle gesien! Hermanus is 'n baie mooi plek en ek geniet dit altyd om soontoe te gaan!"
"Klein genoeg vir 'n bietjie rustigheid, maar het al die winkels en besighede wat mens kan nodig hê. Dis naby aan al die ander groot toeriste bestemmings en mens kan maklik na omliggende dorpe ry."
"Struisbaai lekker sentraal om die hele omgewing te gaan verken om te sien hoe mooi ons land is. Ons was baie opgewonde om Southermost Tip Monument te besoek. Dit is 'n moet as jy daar is."
"Covid19 het die plek in 'n verlate dorp verander. Hoop ons kan vroeg volgende jaar na normaal terugkeer."
"Ek is aangenaam verras. Die dorpie is sprokiesagtig met al sy bome en die omliggende berge. Daar is ook baie karakter."
"Pragtige pragtige klein dorpie, goeie rus vir die siel. Die mense wat jy ontmoet en dat hulle al die jare daar woon word aanbevelings gemaak waar toeriste die dorp kan verken. Ek het by die vol Theewaterskloofdam gaan sit, altyd van die dam gehoor wat nou vol is, maar 'n uitstekende belewenis om dit met my eie oë te sien. Dan om tuis te kom en jy ruik kos alles skoon en jy voel net tuis. Ek het ook vir 'n vrou gaan kuier op die dorp in 'n ander straat en wat ek daar beleef het was net so positief. Villiersdorp is nou wel 'n bitter oulike dorpie."
"Greyton is wonderlike plek mense is almal vriendelik daar. Geskik vir enige ouderdomsgroep."
"Aangrensende stranddorpies is baie mooi. Gansbaai is 'n mooi omgewing, maar nie baie om te doen nie. 'n Mens kan jou besig hou deur rond te ry en te stap. Glo dit sal in seisoentyd beter wees. Was baie stil tydens ons besoek."