Verified Reviews
Palm Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Palm Beach
Rated 4.5 out of 5 based on 27 reviews.
"Die strand is baie mooi en stil. Selfs oor Kersfees en Nuwejaar was daar min mense op die strand. Aangesien dit 'n natuurbewaringsarea is, is dit nie 'n formele swemstrand nie en daar is daarom nie lewensredders nie."
"Een van die min see-vakansies waar die strande skoon is, die mense vriendelik is waar ook al jy gaan. Dis redelik sentraal tussen die Wildekus en Oribi Gorge. Hierdie ma van 40 het weer gevoel soos 'n jongmens en kan Palm Beach asook Palm Beach Holidays met lof aanbeveel. Baie, baie dankie."
"Palm Beach self is ook fantasties en ons was gereeld alleen op die strand. Al was dit langnaweek. Dit is naby aan alles anders, maar mens voel nog steeds weg van al die ander besige plekke. Die mense is ook baie vriendelik."
"Fantastiese strand vir kids om in klein branders te speel en vir vissies tussen die rotse te soek. Ook heelwat skulpies wat opgetel kan word."
"Dis stunning. Daar's 'n lekker rotsswembad, wat dit lekker maak vir die kinders om in te swem en speel."
"Skoon, netjiese strand veilig met strand polisie Kort dalk net meer geriewe soos bankies."
"Palm Beach is out of town and away from the city life rush. Beaches are very private and secure."
"Nabygeleë aan verskillende strande - lekker snorkelplek, lekker visvang, klein strand vir kinders en weg van die vloed toeriste, dus baie lekker geleë - swemstrande was ook nabygeleë - ons het elke dag op 'n ander strand geswem."
"Palm Beach is a hidden gem with such a nice beach where you can swim in rock pools. It is quiet and clean."
"Die strand was skoon en ons het personeel gesien wat rondloop op die strand met swart sakke op soek na moontlike rommel. Die ablusiegeriewe op die strand was baie skoon en netjies. Die braai en piekniek area was baie netjies en skoon. Ek hou daarvan dat geen klappers toegelaat is by Palm Beach nie en die natuurskoon is pragtig. Ons kinders het heerlik geswem en die veilige strand swembad en baie skulpe op getel. Ons het vir ure al die verskillende seeplantjies en diertjies bewonder in die rotspoele."
"Mense in die omgewing baie vriendellik en my oggend draffie op die strand tot ver anderknat Mpenjati reservaat was 'n interessante ervaring. Hier kan mens baie oud word met rustigheid!"