Verified Reviews
Plettenberg Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Plettenberg Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 943 reviews.
"Plettenbergbaai is 'n uitstekende bestemming vir alle smake, maar dit is 'n duur plek. Ons was veral beïndruk met die 'Sol Kitchen' wat 'n stewige tentkonstruksie opgesit het waar mens lekker kuier en kan rook as jy wil. "
"Baie mooi dorp, 'n area waar jy moet oorslaap en verken naby aan groter dorpe. Die mense is baie vriendelik. Die dorp voorsien baie aan die buitelandse mark. Wegneemeetplekke maak vroeg toe, maar restaurante maak daarvoor op. Alles is naby en daar is min verkeer."
"Pragtige dorp om te besoek. Baie plekke om stil te hou en net te sit en kyk. Restaurante is volop en baie interessant. Mobys by die hoofstrand se diens en kos was uitstekend, en vir heerlike rondloop en interessanthede koop, moet jy nie Old Nick Village misloop nie. Seker ons 6de keer wat ons hier oornag en ons ontdek nog steeds wonderlike plekke. Buite seisoen, let wel!"
"Plettenberg Bay is great lots of good stuff to do there. Can recommend seafood at Mobys and the Robberg Marine Nature Reserve."
"Pragtige natuurskoon met baie restaurante om van te kies. Ons het heerlik geëet by die Roadside Cafe."
"Saterdagmarkdag, alles is naby geleë, baie plekke om te besoek, kan maklik Knysna toe ry seker so 23 km en Plett toe. Alles lekker naby mekaar. Sal definitief weer gaan."
"Die Saterdagmark was awesome, so baie kosse en tuisgebakte produkte om van te kon kies."
"Very safe and beautiful with magnificent beaches and surrounding areas. Fantastic sightseeing vantage points."
"Plettenberg Bay is a very beautiful part of our country which we always love visiting. However, we found it to be very expensive."
"Plet het alles wat mens nodig het en is net om die draai van Keurbooms. Die strande is beeldskoon. Die Knysna Olifantpark was 'n belewenis, maar was teleurgesteld dat mens nie meer aan die olifante mag vat nie (al word dit nog so geadverteer)."
"Stayed one night. Was impressed with what we saw, so will return to explore more."