Geverifieerde Resensie
Plettenberg Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Plettenberg Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 536 resensies.
"This was my 2nd time that I came to Plett and specifically stayed in Robberg. This is my ultimate holiday destination and I will come back again and again!"
"Beste dorp in die land met die meeste besienswaardighede. Skoon strande, avontuur water park, leeupark, olifante, leeus, wynplase."
"Ons besoek Plettenbergbaai reeds sedert 1965. Nou eerste keer by KRL. Plett is puik en lekker. Indien dit nie so was nie, sou ons nie gereeld terug gegaan het nie. PLETT WORD STERK AANBEVEEL."
Keurboomstrand, Plettenbergbaai
A Little Bit of Paradise"Keurboomstrand is die perfekte wegbreekdorpie. Met die naaste winkels en vulstasies in Plettenbergbaai beleef mens werklik rus en vrede. Die natuurskoon, draf/staproetes, strande en Enrico se restaurant maak die bly onvergeetlik."
"Toegangsgelde by sommige plekke is bietjie rof, maar daar is wel by sommige plekke pakette wat gekoop kan word wat dit meer bekostigbaar maak. Pragtige omgewing met baie te doen en te sien. "
"Baie oulike plekke naby Plett. Knysna is ook binne 'n halfuur se ry en daar is baie lekker eetplekke en winkels in Plet. Die hoofstrand was skoon en naby met goeie veiligheid."
"Bly steeds 'n lieflike plek, net ver van ons af. Kinders uit die huis, so ons besoek nou ander oorde en plekke."
"Dit is 'n wonderlike plek met baie om in die omgewing te doen. Daar is ook lieflike kampeeroorde en ander verblyf naby die dorp. Vir natuur en sport mense is daar oorvloed om te doen. Ons sal altyd teruggaan Plet toe!"
"Plettenbergbaai is definitely an nice holiday spot with a lot of safe beaches and surrounding attractions."
"Plettenbergbaai het die pragtigste see, vriendelikste mense enige tyd sal ek weer terug kom."
"Daar is eetplekke vir elkeen se smaak en voorkeer. 'n Moet op enige iemand se lys wat nog nie Plet besoek het nie."
"Die area bied 'n ongelooflike hoeveelheid interessanthede wat baie naby is en ook nie die bank breek nie."