Verified Reviews
Gqeberha (Port Elizabeth)
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gqeberha (Port Elizabeth)
Rated 4.4 out of 5 based on 1368 reviews.
"Eerste keer in Port Elizabeth en ken die stad glad nie en daarom voel ek nie gemaklik om kommentaar te lewer nie. Wat ek wel kan sê is dat ons met ons rondry in die stad dit aangenaam gevind het. Ons het nooit gevoel dis onveilig nie."
"Al die mense wat ek ontmoet het, is baie vriendelik en hulpvaardig. Hierdie is een van die min bestemmings waar iemand se woord nog hulle woord is."
"Mense moet net leer om by ʼn rooi robot te stop. Elke dag ʼn hele paar keer gebeur vir 7 dae wat ons daar was. Kyk eers mooi voor jy beweeg oor groen lig."
"Paaie in baie swak toestand en baie verkeersligte buite werking en dit was nie loadshedding nie."
"Groot druk op water verbruik en ons het self beurt water ondervind. Geen water vanaf 16h00 tot 04h00. Ons kon egter maklik aanpas en het dit nie as 'n ongerief ervaar."
"Middestad baie vervalle, maar strande en winkels netjies. Addo is ook die moeite werd."
"Interessante eetplekkies, vriendelike mense, baie besienswaardighede, naby Jeffreys, geen waterprobleme ondervind nie (net spaarsamig), skoon met enkele uitsonderings."
"Gqeberha (Port Elizabeth) robots were not working. Caused a lot of traffic delays. "
"Summerstrand is ons geliefkoosde voorstad om te bly met vakansie. Kan lekker langs die see gaan stap."
"Ons het meestal net in Summerstrand gebly. Die deel teen die see is veilig, skoon en netjies. Ek het soggens alleen daar gestap en het nooit onveilig gevoel. Hartseer dat die stad in sulke waternood moet oorleef. Het gewonder of ontsouting van oseaan water soos in Kaapstad moontlik verligting kan bied."