Verified Reviews
Porterville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Porterville
Rated 4.2 out of 5 based on 86 reviews.
"Oulike klein dorpie met 'n ongelooflike toer van die Kaap af. Beeldskone dorpies en natuurskoon te sien. By Porterville self, doen die moeite om op 'n staptog te gaan. En gaan soek 'n uitkykpunt oor die dorp (Laatson chalets s'n word aanbeveel). Pragtig!"
"Very small community, beautiful area. If you enjoy road trips then Porterville's 2 hour drive will be fun for you. If you need anything there are shops with very reasonable prices too. "
"Very quaint town, we did not spend too much time in town as we had everything at the farm."
"Regte plattelandse dorpie met pragtige berge om na te staar! Mense met wie ons gesels het was regtig baie vriendelik en aangenaam. En beste van alles dit is naby genoeg aan Kaapstad tog vêr genoeg van die gejaag van die stad af."
"The town itself is really not worth mentioning but just outside of Porterville are beautiful waterfalls on a farm. "
"Porterville is 'n pragtige, netjiese dorpie aan die voet van die Olifantsrivierberge. Dit is 'n stil, rustige omgewing met 'n groot verskeidenheid flora op die berg."
"Ons was aangenaam verras deur die natuurskoon. Dis so naby aan Kaapstad. Ons sal so 'n uitstappie vir enigeen aanbeveel. Die proteas wat vir R10 op die basaar te koop was is 'n mooi aandenking om huis toe te neem. Die dame by die toeriste buro was baie behulpsaam en vriendelik. Ons sou graag die museum wou besoek, maar kon niemand kry om die klokkie te antwoord nie, alhoewel die deur oop was. Die winkel Delicious bestaan nie meer nie, maar dit word nog op die webblad aangedui."
"Porterville is a cosy little town surrounded by beautiful mountains, away from all the noise. One could not spend a whole week in the town itself, however, due to there not being enough activities to keep one busy."
"Ek het by die Rendezvoux ontbyt geëet en dit lyk na 'n baie beter akkomodasieplek."
"Porterville was vir ons net 'n oornagstop maar ook hier kan n mens uitry in verskillende rigtings om die omgewing te verken. Ons het die gasvryheid van Porterville se mense baie geniet."
"Dis 'n klein dorpie en die gemeenskap is nie baie gegoed nie en mens sien dit in die effens afgeskeepte winkels in die Hoofstraat. Tog is die mense sout van die aarde, en elkeen het 'n oorlewingsverhaal om te vertel. Daar is ook baie om in die omgewing te doen (sweefvlieg, bergklim en braai)."
"Mees vriendelikste dorpie waar ek nog was! Dankie vir 'n lekker tyd. Porterville sal ons definitief nog baie sien."
"Nie tyd gehad om lank daar te verwyl nie maar weet 22 Watervalle is die moeite werk om te besoek. Het 'n restaurant op 'n Sondagaand gemis."
"My man was daar op skool en het redelik vriende en familie nog daar. Ongelooflike mooi rustige dorpie, net vrek warm."