Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Tapestry Garden Guest House"Ideale area vir Aardklop, sporttoernooie of besoek aan die universiteit. "
Mooivallei Park, Potchefstroom
Mooivallei Villa"Dit is regtig 'n rustige buurt, baie veilig en mooi. Mense is vriendelik en help graag waar hulle kan. "
Van der Hoff Park, Potchefstroom
B's Place"Baie rustige omgewing en 'n bonus vir ons van die plaas af."
"Die Akker bly 'n lekker plek om te besoek. Vermy die Wimpy op Die Bult - hulle diens was uiters swak. Vyf borde kos het hulle meer as 'n uur gevat om op te dien en elke bord is 15 minute uitmekaar na die tafel gebring. Die eerste persoon is al klaar geëet dan kom die tweede. So, teen die tyd dat die vyfde bord kom, is die eerste persoon al lankal kla en reg om te ry. Wimpy Potch op Die Bult sien my nie weer nie. Ek stel Die Akker of Beef Boys as alternatief voor baie, beter diens!"
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Elizabeth's Manor"Die beskikbaarstelling van 'n brosjure wat belangrikste toerisme-aantreklikhede aandui, sal tot groot voordeel van die dorp strek. Daar is soveel om te sien, maar niks word bemark nie."
Van der Hoff Park, Potchefstroom
B's Place"Rustige omgewing, veilig met winkels naby sodat jy kruideniers en alles wat jy nodig het kan aankoop. "
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Akkommodasie @ Remembrance"Ons kon uiteet, inkopies doen en gemaklik rondbeweeg in die dorp. "
Van der Hoff Park, Potchefstroom
WJ Selfcatering"Ek dink nie dit is regtig 'n toeriste aantreklikheid nie, maar is baie goed geleë vir besigheid of as jy by die universiteit moet wees."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Tapestry Garden Guest House"Dit is gerieflik naby al die belangrike bestemmings in Potch."
"Alle studente wat ek teëgekom het was vriendelik en het my as vreemdeling met respek behandel."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Akkommodasie @ Remembrance"Die dorp is rustig, maar daar is nie baie om te sien nie."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Vintage Guesthouse"Daar is baie fasiliteite veral vir sport en alles wat nodig mag wees vir besigheid en studente."
"Not sure if you referring to Potchefstroom but if so it was a pleasant town to visit. It has all the basic necessities one needs."
"Dit is werklik 'n baie mooi plekkie, maar die paaie is baie swak in Potchefstroom."
"Potchefstroom is in my opinie 'n studentedorp, waar mens gerieflik en in 'n kort tydjie tussen punt A en punt B kan beweeg. Die Nasionale Weermag se teenwoordigheid is ook sigbaar wanneer mens deur die dorp beweeg. Goeie restaurante in die omgewing vir die honger mense. Sportfasiliteite van hoogstaande en goeie gehalte. "