Verified Reviews
Pretoria
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pretoria
Rated 4.3 out of 5 based on 2125 reviews.
"My waarneming is dat Rietfontein 'n ou deel van Pretoria is, teenoor byvoorbeeld Montana net agter die Magaliesberg wat 'n meer moderne voorkoms asook groot winkelsentrums, sportgeriewe en toegang na talle gewilde handelsmerke bied. Rietfontein is plat en kouer in die winter, teenoor die noordekant van die berg wat 'n subtropiese klimaat saam met 'n uitsig noordwaarts bied. Gawe en vriendelike inwoners en gerieflike oornagverblyf ten spyt, vermoed ek Rietfontein kan doen met 'n vernuwingstrategie."
"Redelik sentraal en hoofpaaie is maklik bereikbaar, hang af van wat jou behoeftes in terme van besoeke is. "
"The hosts were friendly, helpful and accommodating. The venue of the singing week was around the corner so the location was ideal. "
"Die naamborde na die bestemmings kan beter aangedui word. Verder is dit 'n heerlike en lieflike omgewing."
"Goed geleë. Naby aan mediese geriewe. Centurion Mall is om die draai. Verkeer binne Lyttleton Manor is nie so erg nie."
"Vakansie in Pretoria is glad nie 'n slegte idee nie! Die doel van ons besoek aan Waterkloof was om aan sport deel te neem, maar op die ou einde het dit soos 'n regte vakansiegevoel. Meer as genoeg opsies vir baie pret en plesier!"
"Brooklyn is 'n pragtig en uiters sentraal geleë area wat aan al ons behoeftes voldoen het. Heerlike eet- en kuierplekkies."
"Geen gebrek aan verskeidenheid van vermaak of geriewe wat die vele winkelsentrums bied nie. Naweke is daar volop markte om na uit te sien waar elkeen se behoeftes na omgesien word."
"Ek dink tog dat dit moontlik is om daar te bly en dan besienswaardighede in Pretoria te besoek."
"The destination was not Wapadrand per se but the suburb was within easy reach of the events and meetings we had arranged."
"Aandag kan gegee word aan klein dingetjies soos krane wat nie werk nie. Oor die algemeen is dit ‘n ideale bestemming in die warboel van stadslewe."
"Gerieflik vir hospitaal en naby Pretoria besigheidsentrum, maar rustig en stil."