Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1416 reviews.
"Baie goeie rusplek en oornagblyplek. Pragtige natuur - die rustigheid van die Karoo word hier spesiaal ervaar."
"Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke. "
"Sal weer gaan. Groot bewondering vir 'n dorp en 'n gemeenskap wat soveel doen vir hul eie oorlewing. Mag die droogte gou iets van die verlede wees!"
"Wonderlike dorpie met pragtige besienswaardighede in en rondom. 'n Waarlike Suid-Afrikaanse juweel en werklik meer as die moeite werd om te besoek."
"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."
"Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak."
"'n Onaangename ervaring wat byna ons vakansiegees gedemp het: daar is verskeie aanwysings na die beroemde Kokkedoor-stoor en dit laat 'n mens dink dat dit 'n besoekersaantreklikheid is. Skaars uitgeklim, hou 'n bakkie in 'n stofwolk stil en die persoon beveel ons om die (privaat) perseel te verlaat en dat die hekke vir 'n rede daar is. Ons was te oorbluf om te verduidelik dat daar geen geslote hekke was nie. Met die uitry, het ons opgelet dat die hekke na die perseel oopstaan omdat daar werkers besig was. Natuurlik het 'n mens baie respek vir mense se privaatheid, maar as die betrokke plek nie oop is vir besoek nie, waarom dan die aanwysings? Gelukkig het 'n lang wandeling deur die dorp teen sononder vergoed vir die onaangenaamheid. "
"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "
"Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly."
"Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik."
"Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik."
"Gaan eet by Chris Vis die ribbetjie-en-calamari combo. Die Lazy Lizzard het wonderlike koffie, vriendelike kelners en die beste appeltert en kaaskoek ooit!"
"Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak."