Verified Reviews
Ramsgate Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ramsgate Beach
Rated 4.7 out of 5 based on 62 reviews.
"Geen wegneemeetplekke na 1800. Bottelstore maak teen 17:30 toe. Kwaliteit restaurante bestaan nie."
"Dis ons eerste ervaring buite seisoen in Ramsgate. Baie mooi skoon en ons sal dit aanbeveel vir almal."
"Baie mooi strand. Als is so naby mekaar. Die strand het lewensredders en is veilig om te swem. Ook die beste strand omdat dit troeteldiervriendlik is. Ons kon tot die walvisse sien. Dit was beslis een van my gunsteling wegbreekvakansies wat ek gehad het langs die kus. Dankie dat die strand mooi skoon gehou is."
"Heerlik sentraal tussen en naby al die strande en interessante plekke, maar tog nie midde in die woeligheid nie."
"Ons familie hou al vir 7 jaar vakansie in die Ramsgate omgewing en Ramsgate se Blue Lagoon Beach is elke keer ons strand van keuse. Dis skoon, gerieflik en ontspannend, sekuriteit is tops asook polisie wat gereeld patrolleer, lieflike uitstallings, karwagte, wegneem etes - die Cheese Burger is "to die for" met die restaurant en cocktail deck wat die lekkerste kos en cocktails bedien met goeie gasvryheid en 'n warm vriendelike vibe! Lieflike skoon strand met wandel paadjies na woonstelle, braai areas asook die immer gewilde Waffle House! "
"It was a lovely place to stay. It had a great view facing the ocean. There were a variety of restaurants surrounding the area making it a convenient place to stay. The house came equipped with everything for a convenient stay, including DStv. The place was very safe and had very welcoming neighbours. The house was clean and tidy and had secure parking and had a beautiful garden. Will surely return."
"Baie skoon en rustige strand. Veilig vir swem, heerlike etes op die strand. Die chocolate brownies by Waffle house is die beste, net jammer dis nie op hul permanente spyskaart nie."
"Daar is baie om te doen in Ramsgate self met The Waffle House, Burlesque Cafe, Gaze Gallery en The Artists' Gallery. Die strand is skoon en veilig. Om die hoek is Margate en Southbroom tussen die twee is alles waaraan mens kan dink - Riverbend Krokodilplaas, Art & Wine, Pistols Saloon en nog so veel meer."
"Ramsgate beach is a safe and fantastic beach. There is so much to do and it is always clean there. "
"Loved the beach fireworks on New Year's Eve! Generally clean beaches and a good variety to choose from."
"Skoon strand. Life guards ten alle tye. Super tube, trap bootjies op lagoon. Tidal pool. Baie mooi nuwejaars vuurwerke gehad."
"Weer was onstuimig en dus kon ons nie juis van die strande gebruik maak nie, maar van wat ons wel kon sien en gebruik is alles netjies en skoon. Geriewe om die strand is so geleë dat dit in loop afstand is."