Verified Reviews
Ramsgate Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ramsgate Beach
Rated 4.7 out of 5 based on 222 reviews.
"The beach was amazingly awesome and clean. People were friendly and would definitely go back again."
"Baie skoon en rustige strand. Veilig vir swem, heerlike etes op die strand. Die chocolate brownies by Waffle house is die beste, net jammer dis nie op hul permanente spyskaart nie."
"Ramsgate Beach is puik in vergelyking met Margate se hoofstrand, asook badkamers, dit lyk maar pateties by Margate."
"Daar is baie om te doen in Ramsgate self met The Waffle House, Burlesque Cafe, Gaze Gallery en The Artists' Gallery. Die strand is skoon en veilig. Om die hoek is Margate en Southbroom tussen die twee is alles waaraan mens kan dink - Riverbend Krokodilplaas, Art & Wine, Pistols Saloon en nog so veel meer."
"Ramsgate beach is a safe and fantastic beach. There is so much to do and it is always clean there. "
"Die lagoon het ongelukkig leeggeloop na swaar reëns. Daar was 'n onaangename ruik, wat die strandfront ietwat bederf het. Andersins 'n baie aangename, vriendelike plek. Veral die inwoners is baie gaaf. Waffelhouse is 'n moet!"
"Loved the beach fireworks on New Year's Eve! Generally clean beaches and a good variety to choose from."
"There was a burst sewerage pipe into the Lagoon. The Lagoon was not clean at all. The beach was lovely."
"Wonderlike strand, skoon en netjies. Baie om te doen. Goed geleë naby verskeie winkelsentrums, eetplekke, ens."
"Dit is definitief nie meer blouvlagstatus nie. Dit was nie moontlik om in die lagoon te swem nie as gevolg van die riool. Die hele suidkus voel asof dit bietjie agteruit gegaan het. "
"Lekker strand; daar is net heeltemal te min parkering. Groot probleem daar met Waffle House en dit is gevaarlik om oor die pad te stap. Die verkeer is erg daar."
"Ramsgate het al baie agteruit gegaan, meeste besighede lyk verwaarloos. Die Wildekus is net nie meer dieselfde nie. Verseker die laaste keer wat ons soontoe sal gaan."
"Die hoofstrand is lekker maar besig. Net 'n kort afstand van dit is 'n lang, stil strand met mooi "rock pools" en baie vissies ens. "