Verified Reviews
Ramsgate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ramsgate
Rated 4.5 out of 5 based on 200 reviews.
"Vriendelike mense. Mooiste plantasie, bome en plante. Stil en rustig, skoon en ai, die see is onstuimig."
"Pragtige kusdorpie met fantastiese strande. Die Ramsgate Meander is 'n droom om te stap. Daar is genoeg fasiliteite en winkels om al jou noodsaaklike items aan te spreek sonder om te groot en besig te voel."
"Lieflike plekkie, Waffle Huis is 'n moet op jou besoek. Die strande is skoon en pragtig en enige iets wat jy moontlik mag nodig hê is maklik bekombaar."
"Ramsgate is 'n rusplek, moenie daarheen gaan as jy vermaak wil word deur malls en luukse resturuante nie, perfek vir wegbreek van alledaagse lewe."
"Perfek vir die stiller maande, ek dink in seisoentyd kan die nouer strate dalk 'n probleem wees."
"Baie rustige area met alles en nog meer wat jy nodig het. Sentraal geleë vir alle besienswaardighede."
"Ons gaan elke jaar na Margate/Ramsgate en geniet dit terdeë om bietjie te rus, dit is veilig en ontspannend met genoeg om te doen en te besoek."
"Ons is mal oor Ramsgate. 'n Heerlike strand met winkels naby en natuurlik is die Waffle House restaurant langs die strand 'n moet! "
"Die tyd wat ons daar was het ek lekker veilig gevoel, redelike manne in blou gesien."
"Was vorige jaar ook by Ramsgate en dit was baie lekker. Ons het dit baie geniet laasjaar."
"Restaurants must be more accommodating with regards to opening times. Bookings and prices are hiked up for travelers over festive season which is unfair. "
"Die dag na Nuwejaar was die strand klaar weer skoon en netjies, want elkeen het sy eie gemors mooi netjies opgeruim en dit in die asblikke gegooi, of dit ten minste saamgebondel by die asblikke (wat wel toe nou oorvol was, maar die goed het nie die wêreld vol gelê nie)."