Geverifieerde Resensie
Richmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Richmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 397 resensies.
"Richmond is 'n volronde en interessante plek. Definitief die stop en oorbly werd. Sal volgende keer langer oorbly."
"Ons het die dorp pragtig en baie netjies ervaar, en ons sou beslis meer tyd daar wou spandeer. Daar is 'n baie oulike restaurant, maar was reeds volbespreek toe ons laatmiddag daar aankom. Ek sal aanbeveel om vooraf 'n bespreking te doen."
"Oulikste, interessantste plekkies. Perdemuseum is een van twee in die wêreld."
"Klein en lekker dorpie met 'n mooi kerk as besienswaardigheid. Het nie te veel gesien nie want ons het laat daar aangekom en weer baie vroeg vertrek, was meestal donker."
"Daar is talle gastehuise, meestal in van die ou huise langs die hoofstraat. Andersins lyk die dorp ongelukkig of dit agteruit gaan. Ons wou graag weer na die massiewe versameling tweedehandse boeke gaan kyk, maar dit is ongelukkig verskuif na 'n ander lokaal waarvan ons onbewus was. Maar die boekefees is die moeite werd!"
"Dit was lekker in die middel op pad Jhb toe, maar lawaaierig. Maar nie 'n slegte keuse vir slegs 'n nag se oorslaap."
"Beautiful, small place. Church stands out. Easy access to and from N1. Municipality busy early in the morning, cleaning and fixing."
"Die dorpie het ‘n finansiële inspuiting nodig, en kan doen met nog toeriste wat oorslaap!"
"We found a great restaurant and had a fantastic dinner although our first choice was closed."
"Books, books and books. Beware - only Diesel 10 is available at the garage (they call it Diesel 50 low sulfur or something like that!)"
"Wat 'n juweel in die Karoo. 'n Netjiese, skoon dorpie met die wonderlikste mense!"